On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Olifant uit strandmeer gered ná 12 uur in water

───   15:50 Mon, 13 Jan 2025

Weird Wide Web – Olifant uit strandmeer gered ná 12 uur in water | News Article
'n Olifant is in Sri Lanka gered ná ure se gesukkel. Foto verskaf

Lede van die vloot sê die olifant het waarskynlik die Kokkilai-strandmeer in Sri Lanka oorgesteek.

Dit is tussen twee oerwoude geleë en hy is waarskynlik deur ’n sleurstroom meegesleur. Baie mense is verbaas om te hoor olifante kan swem, maar dit is nie buitengewoon nie. Olifante is uitstekende swemmers en kan soms selfs tot 10 km ver oor seestrate tussen eilande swem. 

Tog is 16 km baie verder as wat ’n olifant normaalweg kan swem. Hy is deur ’n patrollieboot gesien wat die departement van wildelewe in Sri Lanka gekontak het. Die vloot het skepe na die toneel gestuur.

Die reddingsoperasie het meer as 12 uur geneem. Duikers en beamptes van die departement het toue aan hom vasgemaak wat hom stadig na vlakker water gesleep het.

Foto’s wat geneem is, wys hoe hy sy slurp bo die water hou om as ’n snorkel te gebruik terwyl sy oë onder die water is. Olifante het unieke longe wat drukverskille bo en onder die water kan weerstaan.

Dit is onbekend hoe lank die olifant geswem het, maar dit het gelyk of hy nie sy slurp veel langer bo die water sou kon hou nie. As hy nie gered was nie sou hy weens uitputting verdrink het. Daar word gehoop dat die olifant ná die trauma ten volle sal herstel.

Lees meer dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.