On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Hoe ouer jy word, hoe vinniger vlieg die tyd verby

───   15:15 Thu, 09 Jan 2025

Weird Wide Web – Hoe ouer jy word, hoe vinniger vlieg die tyd verby | News Article

Al ooit gewonder hoekom die tyd as kind teen ’n stadiger pas beweeg het, maar as ’n volwassene vlieg die tyd vinniger as wat jy oë kan knip? Wel, daar is ’n wetenskaplike rede daarvoor.

Jy het waarskynlik al gewonder waarom en hoe tyd so vinnig verloop as ’n volwassene, terwyl dit as kind gevoel het of dinge vir ewig geduur het. Dis nou 2025, wat steeds ’n skok kan wees ’n paar dae in die nuwe jaar in, en jy het dalk gewonder hoekom 2024, of selfs 2023 of 2022, so vinnig verby is.


Tyd in jou kinderjare het om een of ander vreemde rede langer gevoel, met Albert Einstein wat selfs gefilosifeer het dat tyd relatief is, wat kan verduidelik waarom jou vormingsjare langer geneem het om verby te gaan. Tyd saam met vriende of geliefdes kan in ’n oogwink verbygaan, terwyl alledaagse, vervelige take soms eindeloos voel. Maar wat as ek vir jou sê daar is ’n wetenskaplike verklaring hiervoor?

Adrian Bejan, ’n professor in meganiese ingenieurswese, glo dat ons almal tyd verskillend ervaar, veral wanneer ons jonger is.

Hy verduidelik: “Die brein ontvang minder beelde as wat dit gewoond was om te ontvang toe jy jonger was,” en voeg by dat die tempo waarmee ons visuele inligting verwerk, vertraag soos ons ouer word, as gevolg van die toenemende kompleksiteit van ons neurone.

Dit beteken elektriese seine moet langer afstande reis, wat lei tot stadiger seinverwerking. Gevolglik voel dit asof tyd vinniger verbygaan. Benewens sy verklaring wys studies oor die jare dat ons persepsie van hoe vinnig tyd verbygaan, toeneem namate ons ouer word.

Lees ook: Weird Wide Web – KI ouma tot die redding!

’n Onlangse studie van die Liverpool John Moores Universiteit het ondersoek ingestel na hoe mense voel dat Kersfees elke jaar vinniger aankom, terwyl mense in Irak dieselfde oor Ramadan voel.

Die fenomeen is goed bekend in die wetenskaplike gemeenskap. Bejan verduidelik: “Mense is dikwels verbaas oor hoeveel hulle onthou van dae wat in hul jeug vir ewig gevoel het.

“Dit is nie dat hul ervarings veel dieper of betekenisvoller was nie, dit is net dat dit vinniger verwerk is.”

As ’n vierjarige, byvoorbeeld, is een jaar ’n groter deel van jou lewe in vergelyking met wanneer jy 30 of 40 jaar oud is.

Namate ons gewoond raak aan ervarings en gewoontes vorm, waag ons as volwassenes minder in die onbekende in, wat ook maak dat tyd vinniger verbygaan. Ons brein kry niks vars om vas te hou of te onthou nie.

Dit lei daartoe dat ons dae en maande uiteindelik in mekaar vervloei, met ’n paar hoogtepunte, wat laat voel asof tyd vinniger verloop.

Lees ook: Vyf sterf, beroemdes se huise verwoes in Los Angeles-vuurhel

Bejan stel verder voor: “Vertraag dit ’n bietjie meer, dwing jouself om nuwe dinge te doen om weg te breek van die roetine.

“Bederf jouself met verrassings. Doen ongewone dinge. Het jy ’n goeie grappie gehoor? Vertel dit! Het jy ’n nuwe idee? Doen iets. Maak iets. Sê iets.”

Roetine kan ons laat voel asof ons net deur die bewegings gaan. Cindy Lustig, ’n professor in sielkunde aan die Universiteit van Michigan, wys daarop dat wanneer ons baie dinge in ’n sekere tydperk doen, dit kan voel “asof tyd rek ... en baie lank voel”.

Sy beklemtoon dat ons “baie beheer” het oor wat ons oor tyd ervaar. Dit is dus belangrik om in die oomblik te leef en nie te veel aan die verlede vas te klou nie.

Lees meer cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.