On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nikki
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Onderhoud misluk nog voordat dit begin het

───   15:13 Wed, 04 Dec 2024

Weird Wide Web – Onderhoud misluk nog voordat dit begin het | News Article
Foto: iStock

Hierdie meneer se onderhoud het misluk terwyl hy gewag het dat dit begin en voordat hy selfs die onderhoudslokaal binnegegaan het.

Werksonderhoude is seker een van die mees intimiderende lewenservarings. Daar is dikwels boonop goed wat jy vooraf gereed moet kry om vir die pos in ag geneem te word. 

Van die oomblik wat jy jou huis verlaat totdat jy voor die onderhoudvoerder sit, is jy op jou beste gedrag om seker te maak niks gaan verkeerd nie. Tensy jy hierdie ou is, wat op ’n vreemde manier sy onderhoud verbrou het nog voordat hy die lokaal binnegegaan het. 

Hoe het hy dit reggekry?

Alles het afgehang van een toets by ontvangs, wat hy weens een eenvoudige rede gedruip het.

Eerste indrukke is alles en ’n glimlag bring jou vêr in die lewe. Die storie, wat op Reddit se ‘Life Pro Tips’-forum gedeel is, bewys hierdie punt.

’n Werknemer het op die sosialemediaplatform verduidelik hoe alles gebeur het.

‘Die ‘ontvangsdame’ was eintlik die werwingsbestuurder’

“Vandag het ’n kandidaat sy onderhoud in die eerste 5 minute nadat hy die gebou binnegekom het, verbrou,” begin die verhaal. “Hy was afsydig teenoor die ontvangsdame.

“Sy het hom gegroet en hy het skaars oogkontak gemaak. Sy het probeer om ’n gesprek met hom aan te knoop. Weer eens, geen oogkontak, geen belangstelling om met haar te gesels nie.

Lees ook: Weird Wide Web – Wit-Russiese blogger poets tientalle Russiese onderwysers!

“Wat die kandidaat nie besef het nie, was dat die ‘ontvangsdame’ eintlik die werwingsbestuurder was. Sy het hom teruggenooi na die konferensiekamer en verduidelik hoe elke persoon in ons span waardevol en is en respek verdien.

“As gevolg van sy interaksie met die ‘ontvangsdame’, het sy gevoel dat hy nie ’n goeie opsie vir die span was nie. ‘Dankie vir jou tyd, maar die onderhoud is verby’.”

Een van die kommentators op Reddit vertel: “’n Paar werke gelede het ek die hysbak geklim op pad na ’n werksonderhoud. Die geselserigste ou was saam met my in die hysbak ... min het ek geweet dat dit die uitvoerende hoof van die maatskappy was!” sê hy.

“Gelukkig is ek vol energie en vriendelik wanneer ek senuweeagtig is, so hy het van my gehou selfs voordat ek hom ’n paar uur later weer gesien het. Ek het die werk gekry.”

Die les wat ons hieruit leer? Wees vriendelik met almal.

Lees meer

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.