Offbeat
Weird Wide Web – Suid-Korea ontwikkel unieke rys─── 15:12 Thu, 22 Feb 2024
Die selle is met visgelatien aan die ryskorrels geheg en dan vir elf dae in die laboratorium gelos.
Wetenskaplikes van Suid-Korea se Yonsei-universiteit het ’n nuwe rys ontwikkel. Dit het ’n pienk vleiskleur en is propvol beesproteïen en vetselle. Rys is reeds een van die voedsame voedselsoorte, maar danksy die wetenskaplikes se navording kan dit binnekort ’n lewensvatbare, volhoubare alternatief vir vleis word.
Die nuwe pienk rys het 8% persent meer proteïen en 7% meer vet as gewone rys. Dit smaak nog nie soos beesvleis nie, maar het ’n unieke vleisgeur.
“Stel jou voor om al die noodsaaklike voedingstowwe uit gekweekte rys te kan kry,” sê Park So-hyeon, mede-outeur van die navorsing wat in die vaktydskrif Matter gepubliseer is
Lees ook: Conspiracy Corner – The Hundredth Monkey Effect
Die navorsers het besluit omdat rys poreus is, is dit ideaal vir die beesvleis se selle om daaraan te kan heg. Die selle is met visgelatien aan die ryskorrels geheg en dan vir elf dae in die laboratorium gelos. Die ryskorrels is fermeras gewone ryskorrels. Dit kan ook in verskillende geregte gebruik word.
In hul eerste eksperiment het hulle selle van beeste gekry by die plaaslike slagpale. Maar in die toekoms beplan hulle om volhoubare voorrade van selle te gebruik wat in die laboratorium gehou kan word. Die proteïeninhoud van die rys is in die stadium nog te laag en sal aansienlik verhoog moet word, sê hulle.