On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Paartjie leef van 'wilde kos' en dooie diere langs die pad

───   15:18 Wed, 23 Aug 2023

Weird Wide Web – Paartjie leef van 'wilde kos' en dooie diere langs die pad  | News Article
Eric Joseph Lewis en Jess Russell leef van die land en padmoord. Foto: SWNS

’n Amerikaanse paartjie gaan koop selde kos by supermarkte en leef na aan die natuur.

Eric Joseph Lewis (41) en Jess Russell (26) leef daagliks van “wilde kos”  wat beteken hulle gaan net soms na supermarket vir sekere stapelvoedsel en lekkernye. Hulle bly die helfte van die jaar in die Amerikaanse deelstaat Florida en eet, sampioene, kokosneute, avokado's en bessies. Vir proteïene vang hulle wildevarke, iguanas of katvis. Hulle kry ook eiers van vriende wat hoenders het. Hulle trek ook nie hul neus op vir dooie takbokke, eekhorings, wilde kalkoene en eende wat dood langs die pad lê nie.

Eric is van Knoxville, Maryland, en sê hy gebruik elke deel van die takbok – van die bene vir sy hond, Leela, tot die vel wat hy tot leer brei. “As jy oor jou vrees en ongemak kan kom dat dit ’n dooie dier is sal jy besef dat die dier in vryheid geleef het.” 

Hulle bestee weekliks net $50 om lensies, rys en ander lekkernye te koop. Eric se  oom Tom Lewis (64) het hom as kind geleer watter kruie en plante is eetbaar. In sy 20’s het hy lank in ’n tent gebly om te mediteer en joga te doen

Lees ook: Weird Wide Web - Kuba se Ironman slaan homself met 'n voorhamer

In 2010 het hy weer begin “wilde kos” eet en bly in ’n kwekery wat vrugte- en neutbome kweek. 

Eric glo daaraan om plante soos mense te behandel – met respek en liefde. Sy raad is om elke dag iets wild te eet om jou brein te oefen sodat jy kan dink aan wat om jou is.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.