On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Kuba se Ironman slaan homself met 'n voorhamer

───   15:24 Thu, 17 Aug 2023

Weird Wide Web - Kuba se Ironman slaan homself met 'n voorhamer | News Article
Fotokrediet: reuters.com

In die middestad van Havana slaan 'n man homself met 'n voorhamer, op sy polse, elmboë en voorarms, terwyl die skare die pyniging met hul selfone verfilm.

Die skare is geskok want dit lyk of hy homself ernstig beseer. Die Kubaanse "Ysterman" Lino Tomasen sê hy het voorheen daarna gestreef om die volgende Mike Tyson te word. Sy droom was om in Mexikostad as ’n beroepsbokser te veg..

“Ek het 27 gevegte met ’n uitklophou gewen, maar in my laaste geveg het ek my teenstander se skedel gebreek en is hy dood.” In ’n onderhoud met Reuters sê Tomasen hy het daarna besluit om nie meer te boks nie. Hy het die meer as $100 000 wat hy in sy boksloopbaan verdien het net so aan die oorlede bokser se familie gegee. Tomasen maak deesdae ’n bestaan in die strate van Havana en nabygeleë strandgemeenskappe.

Die 32-jarige Tomasen het onlangs die skare betower deur opstote op sy gebuigde polse te doen – maar die keer met ’n man op sy rug. Daarna het hy homself met ’n voorhamer op sy arms geslaan. “Dit is alles die waarheid, hy gee nie voor nie,”sê Edward Carbonell, wat Tomasen gebruik het om die opstote te doen. Tomasen is nie spyt dat sy boksdae verby is nie en dien nou as inspirasie vir voornemende boksers.

“Ek is miljoene dollars aangebied om terug te keer na die kryt, maar ek wil eerder onthou word as iemand wat grensverskuiwend opgetree het.”

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.