On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Wie gooi so muntstukke rond in Manchester?

───   15:15 Tue, 04 Jul 2023

Weird Wide Web – Wie gooi so muntstukke rond in Manchester? | News Article
Uitstalbeeldkrediet: ladbible.com

Geheimsinnige munte het skielik oral in Manchester in Engeland hul verskyning gemaak. Die munte kan enige plek in die stad versteek wees.

Wat is hierdie muntstukke en hoekom word hulle oral neergesit en wie se blink plan is dit? Dit is deur Factory International vir die Manchester International Festival gemaak wat tot 16 Julie duur. Die kunstenaar Ryan Gander het 200 000 munte in die middestad laat plaas vir sy jongste kunsprojek The Find.

Op die fees se webtuiste word voetgangers gevra om die muntstukke op te spoor.
"Die munte is op toeganklike openbare plekke weggesteek. Dit is op verskillende hoogtes geplaas sodat almal deel van die projek kan wees."

Dit word beskou as ’n ander soort geldeenheid. "Dit is versamelbare kunswerke, gelukbringers en besluitnemingsinstrumente."  

As jy die muntstuk optel, is daar woorde van wysheid op wat jou kan help om besluite te neem. Daar is drie ontwerpe met twee woorde op elkeen – soos saam of solo, aksie of ruskans, en praat of luister.

Gander het aan The Manchester Evening News gesê: "Ons verstaan die wêreld deur dinge. Eintlik behoort ons die wêreld te verstaan deur gebeure, en gesprekke en oomblikke, dinge wat ons saam met ons kan neem."

Honderd vrywilligers het die munte gaan versteek en van die inwoners het selfs die muntstukke aan ander gegee wat hulle gedink het dit meer nodig het. En die beste deel? Dit behoort aan die een wat dit kry. Dit is ’n unieke uitstalling.

Lees ook: Weird Wide Web - 'n Wonderwerk in 'n boks

“Dit beteken vir elkeen iets anders. Ek het al mense ontmoet wat al drie munte gekry het en wat sê hulle gaan dit lewenslank in hul sak dra en dit gebruik as hulle besluite moet neem," sê Gander.

Die doel met The Find is om mense bewus te maak van die fees. "Daar is eintlik twee gehore – die een wat weet van die fees en op soek is na versamelbare kunswerke en dan is daar die 99% wat nie bewus is dat hulle betrokke is by kontemporêre kuns nie."

Hy sê die munte is ’n herinnering dat ons kan leer en verken en ’n bietjie anders kan leef.
Lees meer: https://www.ladbible.com/news/mystery-coins-manchester-ryan-gander-124508-20230703

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.