Offbeat
Weird Wide Web - Vrou sit skoonma op haar plek ná vreemde verjaarsdaggeskenk─── 15:12 Tue, 27 Jun 2023
’n Vrou is woedend nadat haar skoonma vir haar n geskenkbewys vir haar verjaarsdag gegee het om tatoeëermerke te verwyder.
Tatoeëermerke word as 'n vorm van kuns en uitdrukking deur baie mense beskou. In Amerika het ’n 31-jarige vrou op Reddit gesê haar skoonma is glad nie beïndruk met haar tatoeëermerke nie en dat sy wens haar skoondogter het dit nooit gehad nie.
"Ek en my man is al drie jaar getroud en ses jaar saam,” sê die vrou wat nie haar naam bekendmaak nie.
"Daar is ’n ouderdomsgaping van elf jaar tussen my man. Dit was nog nooit vir ons ’n probleem nie, maar blykbaar vir my skoonma.”
Sy verduidelik dat haar tatoeëermerke deel van haar identiteit is en dat haar man vir haar lief is net soos sy lyk.“
Ek kan myself nie sonder hulle voorstel nie, sê sy.
"My skoonma het ’n paar onsmaaklike opmerkings daaroor gemaak, terwyl ons uitgegaan het totdat my man met haar gepraat het."
Lees ook: Weird Wide Web -Moenie kosbare asem van ruimtevaarder mors nie
Skoonma besluit toe die ideale geskenk vir haar verjaarsdag is om dit te laat verwyder deur laserbehandeling.
“Ons het my verjaarsdag by ons huis gevier en almal het geskenke gebring.
“Ek sou dit oopmaak as almal weg is, maar my skoonma het vir my ’n koevert by die etenstafel gegee en daarop aangedring dat ek dit dadelik oopmaak.
"Binne was ’n kaartjie en geskenkbewys van $500. Ek was verward en het haar gevra waarvoor dit is.
“Sy het gesê aangesien ek nou ’n getroude vrou is en van plan is om kinders te hê, het sy aangeneem ek sal my tatoeëermerke wil laat verwyder.
Ek en my man was uit die veld geslaan. Ek het haar halfhartig vir die geskenk bedank.
"My man het haar gebel en aangedring dat sy dit terugneem om haar geld terug te kry. Sy het egter geweier en volgehou dat ek dit eendag nodig sal kry."
Die vrou sê haar skoonma beskou haar as ’n rebelse tiener en het besluit om die geskenkbewys aan ’n man te skenk wat ’n haatsimbool van sy arm wou verwyder.
Lees ook: Weird Wide Web - Was alles pluis in dié kluis?
Die man wou ontslae raak van die swastika op sy arm en het die gebaar baie waardeer.
“In kommentaar op haar plasing het ’n gebruiker gesê: "Wat 'n goeie manier om die probleem op te los!" Nog 'n gebruiker sê: "Ek glo dat sy daardie man se lewe vir altyd ten goede verander het."
Lees meer hier: https://www.mirror.co.uk/news/us-news/woman-stunned-after-mother-law-30324622