On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Was alles pluis in dié kluis?

───   15:18 Thu, 22 Jun 2023

Weird Wide Web - Was alles pluis in dié kluis? | News Article
Uitstalbeeld: upi.com

Navorsers wat dierelewe in Texas dokumenteer het 'n video op YouTube geplaas van hul buitengewone ontdekking wat op die strand uitgespoel het.

Die Mission-Aransas-reservaat by die Universiteit van Texas se mariene wetenskapsinstituut is bekend vir vreemde ontdekkings soos grillerige poppe op die strand.


Die keer het hulle ’n video op YouTube geplaas van Jace Tunnell, die reservaat se direkteur, wat ’n kluis ondersoek wat op die strand uitgespoel het.

“Dit is almal se droom om ’n sak geld te kry wat uitgespoel het, maar ons het die tweede beste ding gekry … ’n kluis.”


Tunnell het die kluis agter in 'n bakkie gelaai en mense gekry om hom te help om met koevoete, 'n voorhamer en metaalslyper die kluis oop te kry.


Ná ’n uur se gesukkel het hulle daarin geslaag om die kluis oop te maak. En, wat was binne?  Slegs ’n pakkie silikagel.


"Silikagel, wat? Ons is ryk," skerts Tunnell in die video.


Tunnell sê daar is geen aanduiding waar die kluis vandaan kom nie. Die hoeveelheid alge aan die buitekant van die kluis beteken wel dit was ’n geruime tyd in die water.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.