On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web -Moenie kosbare asem van ruimtevaarder mors nie

───   15:15 Mon, 19 Jun 2023

Weird Wide Web -Moenie kosbare asem van ruimtevaarder mors nie | News Article
Uitstalbeeld: npr.org

Air Company is nou in die derde en laaste fase van die internasionale kompetisie om nuwe voedseltegnologieë vir ruimtesendings te skep.

"Ons kan dit alles laat gebeur met ’n ruimtevaarder se asem, water, ’n gisplant, elektrisiteit en 'n koekroller," sê Stafford Sheehan, ’n finalis in Nasa se Deep Space Food Challenge.  


Gooi lug, water en ’n gisplant in Sheehan se handige masjien, wag sowat twee uur en voila: ’n gis wat gedroog kan word en saam met pasta of tortillas gerol kan word.


In 2017 het Sheehan ’n proses uitgevind wat koolstofdioksied in alkohol kan verander, wat dan in vodka, parfuum en gis verander kan word. Hy en sy vriend Gregory Constantine se maatskappy, Air Company, is nou in die derde en laaste fase van die internasionale kompetisie om nuwe voedseltegnologieë vir ruimtesendings op lang termyn te skep.

Die voedselprodukte moet min hulpbronne verg en min afval produseer, terwyl dit veilig is om te eet, voedsaam en smaaklik is.  Die doelwit is tweeledig: Hierdie eetbare innovasies kan help om die verkenning na Mars en dieper die ruimte in meer haalbaar te maak. Hulle kan ook nuwe, meer volhoubare maniere bied om mense op die aarde te voed.

Lees ook: Feel Good Friday - Hond beseer in die Oekraïne kry nuwe werk by die polisie

Die kompetisie word in samewerking met Kanada se ruimteagentskap aangebied. Die prysgeld is $1,5 miljoen. Van die ander finanliste is  Interstellar Lab van Florida, wat ’n bioregeneratiewe stelsel geskep het om vars groente, sampioene en insekte te produseer en SATED van Colorado wat ’n kooktoestel ontwikkel het waarmee maaltye voorberei kan word van bestanddele met ’n lang raklewe.


Om te verstaan hoe Sheehan se proses werk, kom ons begin met koolstofdioksied - dit wat ons uitasem.


Plante asem koolstofdioksied in. Wanneer plante ’n kombinasie van koolstofdioksied, sonlig en water inneem, is hulle in staat om suiker en suurstof te produseer. Hierdie proses word fotosintese genoem.

Lees ook: Weird Wide Web - Dooie Belg leer sy familie ’n lewensles

Air Company het dus ’n manier gevind om te kopieer wat plante doen - met behulp van ’n ruimtevaarder se asem - sodat hulle eetbare voedingsgis kan maak.


"Ons doen dieselfde chemie as wat plante doen, behalwe dat ons dit baie meer doeltreffend doen," sê Sheehan.


So, hoekom maak ruimtevoedsel saak? Een woord: Mars.


Op die oomblik het wetenskaplikes baie van die logistiek met betrekking tot ’n reis na die rooi planeet uitgepluis, behalwe hoe om genoeg kos te bring.  

Dit kan sewe maande neem om by Mars uit te kom. Om meer as ’n jaar se kosvoorraad in te pak sal te swaar wees vir ’n vuurpyl.


"Die probleem is hoe om genoeg goed tussen die Aarde en Mars te kry om die mense vir die reis soontoe en terug te kan onderhou," sê Sheehan.


Die deelnemers van die Deep Space Food Challenge probeer daardie vraag beantwoord, en maak die langverwagte sending na Mars meer van ’n werklikheid.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.