On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Kragtige Case IH Steiger 715 nou ook in SA

───   10:48 Mon, 14 Apr 2025

Sponsored10:48 Mon, 14 Apr 2025
Kragtige Case IH Steiger 715 nou ook in SA | News Article
Case IH Steiger 715 Quadtrac. Foto: Case IH

Case IH knik na sy verlede terwyl hy op die toekoms fokus met ’n meer doelgerigte ontwerp, tegnologie en werkverrigting in die splinternuwe Steiger 715 Quadtrac, wat onlangs in Bloemfontein bekendgestel is.

“Dis baie opwindend om uiteindelik hierdie masjien in te bring. Dis so ’n paar maande terug in Noord-Amerika van stapel gestuur by die Farm Progress Show, so die navrae het al deurgekom nog voordat ons ’n masjien in die land gehad het,” vertel Stephan Nel, besturende direkteur vir Case IH in Suid-Afrika.

Vir meer as 60 jaar reeds help die Quadtrac- en Steiger-reekstrekkers produsente om meer uit die werk te kry in veeleisende toestande. Die Steiger 715 Quadtrac is die Case IH se kragtigste Steiger ooit. Dit het ’n yslike 715 perdekrag en ’n piek-perdekrag van 778 om meer grond in minder tyd te dek.


“Die groot opgewondenheid gaan oor daai pure krag en sy ruspebandsisteem waar daar baie navorsing en ontwikkeling in is. Ons weet ruspebande, veral in ’n nat seisoen, is in groot aanvraag. Veral vir sekere praktyke waar ons groter implemente agter masjiene sien, is dit belangrik om meer krag voor die implement te hê om te kan werk,” verduidelik Nel.

Dit bied ook die beweeglikheid wat nodig is om enige plek te gaan, met beter sigbaarheid en gemak om die ry-ervaring in en uit die veld te verbeter. Boonop spog die nuwe Steiger 715 Quadtrac met ’n nuwe enjinkapontwerp, herontwerpte uitlaat en LED-beligting.

“Oorhoofs wat uniek is aan die Steiger, buiten nou verminderde grondkompaksie wat ’n belangrike faktor is, is hoe die ontwerpsisteem werk – ons trekstang kom in die middel van die trekker af, so ons sit met ’n gelyke krag. Al vier die bande is op die grond,” voeg Nel by.


Met groot krag kom groter doeltreffendheid. Hierdie nuutste Steiger-model stel die nuwe swaargewig Quadtrac-onderstel bekend wat verhoogde vastrap bied om tred te hou met die enjin se perdekrag. Meer krag beteken jy kan implemente vinniger deur die land beweeg. En, dis propvol tegnologie wat jou sal help om meer doeltreffend te boer.  

“Die hele ding is so geoutomatiseer, ek kan byvoorbeeld op my foon nou ingaan en presies sien wat op daai skerm gebeur,” verduidelik Bertus Barkhuizen, Case IH produkspesialis, terwyl hy die trekker op ’n plaas buite Bloemfontein demonstreer.

Plaasbestuurders en -operateurs kan maklik inligting tussen die trekker en rekenaar of tablet oordra. Aangedryf deur Case IH FieldOps Telematics, het jy die vryheid om die regte besluite te neem, ondersteun deur alle beskikbare data, op die regte tyd, enige plek, vanaf enige toestel. ’n Slimfoontoepassing is ook beskikbaar om vloot- en plaasdata te visualiseer. Die Vector Pro-ontvanger werk met verskillende GPS-seine, wat die beste akkuraatheid verseker.


“Enige operateur kan basies met die druk van ’n knoppie die hele trekker beheer. Jy het ‘auto guidance’ om te keer dat jy nie dubbel oor lyne gaan nie. Dan is dit diesel wat jy bespaar en op die breër spektrum onnodige uitgawes op jou masjiene en slytasie,” sê Barkhuizen.

Benewens die toonaangewende tegnologie is die menslike aspek steeds iets wat Case na aan die hart lê. “Ons reik uit na ons kliënte toe. Ons glo daaraan om die kliënte van (aan)gesig tot (aan)gesig te sien. Ons werk saam met die gemeenskap as daar ondersteuning in die gemeenskap nodig is, dan probeer ons help waar ons kan,” vertel Charlene Badenhorst, handelaarshoof en eienaar van Case Ladybrand en Bloemfontein.

“Ek dink die persoonlike verhoudinge wat daar tussen die handelaarskappe, ook die Case-takke en CNH-landwyd is … is ons benadering om daai persoonlike verhoudings met ons kliënte te hê. Ken jou kliënt, weet wat gaan op sy plaas aan, weet wat is sy behoeftes, probleme waarmee hy dag tot dag moet werk en kyk hoe jy hom kan help,” sê Badenhorst.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.