Agriculture
Hoe Eco Trades jou help om energie en geld te bespaar─── 08:58 Tue, 25 Feb 2025
Sponsored08:58 Tue, 25 Feb 2025
In die landboubedryf is doeltreffendheid en kostebesparing van kardinale belang.
Motor-aangedrewe waterpompe is die hartklop van enige kommersiële besproeingsplaas, maar tradisionele motorgedrewe pompe werk dikwels teen ’n verlies as gevolg van swak effektiwiteit – wat lei tot onnodige hoë bedryfskoste. Dit is waar Variable Speed Drives (VSDs) ’n verskil maak, en niemand verstaan hierdie tegnologie beter as Eco Trades nie.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Izak Oosthuizen, besturende direkteur van Eco Trades.
Waarom ‘n VSD-installasie vir jou plaas?
’n VSD-stelsel vir jou pompstasie kan jou energieverbruik met tot 20% verminder in vergelyking met tradisionele motor koppelings. Dit is omdat VSD’s die motor se spoed aanpas volgens aanvraag – dit loop stadiger as minder water benodig word en versnel slegs wanneer nodig.
Hierdie tegnologie optimaliseer die effektiewe kraggebruik asook doeltreffendheid op die motor, wat die algehele prestasie van jou pompstasie verhoog.
Nog ’n groot voordeel is dat VSD’s die lewensduur van pompe verleng deur spanning op meganiese en elektriese komponente te verminder. Minder slytasie beteken minder stilstand en instandhoudingskoste, wat op die lang termyn groot besparings vir jou besigheid inhou.
Hoe werk ‘n VSD?
VSD’s, ook bekend as Variable Frequency Drives (VFDs), omskep ’n vaste frekwensie- en spanningsinvoer na ’n veranderlike frekwensie en spanning-uitvoer. Dit gee jou volle beheer oor die spoed en kragverbruik van jou pompstelsel. Vir enige toepassing wat vloei- of drukbeheer benodig, is VSD’s die mees energie-doeltreffende oplossing.
VSD’s bied boere die vermoë om waterpompe presies aan te pas by die werklike behoefte – dit beteken dat pompe nie onnodig op volle kapasiteit hardloop wanneer dit nie nodig is nie. Die resultaat? Minder energieverbruik, laer elektrisiteitskoste en ’n meer volhoubare waterbestuurstelsel.
Die VSD verbeter ook die arbeidsfaktor op die motor en daarom kan daar tot en met 20% gespaar word.
Solar panel toevoeging tot VSD
Om verder meer energie te spaar kan daar sonpanele bygevoeg word tot die VSD. Die toevoeging van sonpanele bring ’n verdere 30-40% besparing tot die VSD-oplossing.
Jou VSD-spesialis.
As landbouer wil jy weet dat jou belegging jou besigheid vorentoe vat. Eco Trades het die kundigheid en ondervinding om VSD-stelsels korrek te spesifiseer, installeer en integreer in jou bestaande infrastruktuur. Hulle verseker dat jou pompstasie maksimum doeltreffendheid bereik terwyl jy op jou kernbesigheid fokus.
Maak vandag die slim keuse. Kontak Eco Trades en ontdek hoe ‘n VSD-installasie jou plaas meer winsgewend en energiedoeltreffend kan maak.
Vir meer inligting oor hoe Eco Trades jou kan help, besoek of bel 051 111 0804.
OFM cg