On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

NAMPO 2025: Globale Landbou, Plaaslik Gevestig

───   09:42 Thu, 27 Mar 2025

NAMPO 2025: Globale Landbou, Plaaslik Gevestig | News Article
NAMPO Park vanuit die lug by 2024 se ekspo. Foto: Graan SA Facebook.

Die 57ste NAMPO Oesdag beloof om Suid-Afrikaanse landbou in 2025 na nuwe hoogtes te neem met die tema: “Globale Landbou, Plaaslik!”

Van 13 tot 16 Mei word NAMPO Park, Bothaville, weer die spilpunt van landbou-innovasie, netwerkgeleenthede en tegnologiese vooruitgang.

Internasionale kennis vir plaaslike groei

Met die wêreld se landbou-omgewing wat voortdurend verander, bied NAMPO 2025 ’n platform vir Suid-Afrikaanse produsente om wêreldwye kennis en netwerke te benut. Of dit nou klimaatslim praktyke, presisielandbou of finansiële oplossings is, NAMPO bring die nuutste innovasies na plaaslike grond.

Dr. Dirk Strydom, besturende direkteur van NAMPO, beklemtoon: “Suid-Afrikaanse produsente boer nie in isolasie nie. Wat wêreldwyd gebeur, het ’n direkte impak op plaaslike landbou. NAMPO bring globale oplossings na ons eie boere en skep ’n ruimte waar plaaslik en internasionaal ontmoet.”


Wat is nuut by NAMPO 2025?

  • Uitgebreide akkommodasie: ’n Nuwe karavaanpark met 100 staanplekke en twee ablusieblokke, is beskikbaar by Hek 2.
  • Verbeterde kosaanbiedinge: Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis bied restaurant-gehalte disse met topgehalte vleis en varsgebakte platbrode.
  • Graan SA Museum: ’n Nuwe museum, opgerig deur Santam, belig die ryk geskiedenis van Graan SA en NAMPO.
  • ALPHA Insure Vroueprogram: ’n Inspirerende program met musiek, motiveringspraatjies en kookdemonstrasies deur bekende sjefs.
  • NAMPO Toep: Die verbeterde toepassing maak dit makliker om die terrein te navigeer en byna 900 uitstallers te verken.
  • KamersMakers-mark: Nuwe toevoeging met handgemaakte kuns, leefstylprodukte en plaaslike vakmanskap.


Ou gunstelinge keer terug 

Bekende trekpleisters soos die Standard Bank 4x4-baan, Nasie in Gesprek, en die TAU Veevoer Vee-arena is weer van die hoogtepunte. Besoekers kan ook uitsien na demonstrasies van die nuutste saad- en voerproduksiepraktyke.

Maklike toegang en pendeldienste 

Vir besoekers is daar verskeie vervoeropsies beskikbaar, insluitend die Mieliehop-pendeldiens en ’n lughawe-sitkamer met pendeldiens na NAMPO Park.

Koop jou kaartjies aanlyn! 

Kaartjies vir NAMPO 2025 is vanaf April aanlyn beskikbaar by OpenTickets (www.opentickets.com). Hekke open daagliks van 07:00 tot 17:00. Besoekers word versoek om die NAMPO-webwerf of toepassing vir verdere besonderhede te raadpleeg.

NAMPO 2025 beloof om ’n baanbrekersgeleentheid te wees waar globale vooruitgang en plaaslike landbou suksesvol integreer. Moenie hierdie belangrike gebeurtenis misloop nie!

OFM Agri

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.