On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Finale aanplantings- en oesproduksiesyfers bekendgemaak

───   07:22 Fri, 14 Feb 2025

Finale aanplantings- en oesproduksiesyfers bekendgemaak | News Article
Foto: Getty Images

Die nasionale Oesskattingskomitee het Donderdag (13/2) vergader om die finale oesproduksiesyfers van kommersiële wit- en geelmielies, sonneblomsaad, sojabone, grondbone en sorghum vir 2024 te bevestig.

Die geskatte totale produksiesyfers is hersien deur die gepubliseerde syfers van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens te gebruik as basis vir berekeninge. Bykomend is data van die verbruikersopname deur die Departement van Landbou en ’n telefoniese opname deur die Nasionale Oesstatistiek-konsortium is ingesluit om die finale oesproduksiesyfers te bepaal.

Vergelykende syfers tussen die finale berekende oes en die November 2024-skatting toon die kommersiële mielie-oes staan nou op 12,850 miljoen ton – ’n toename van 0,99% of 125 950 ton meer as die vorige skatting van 12,724 miljoen ton. Die finale oes vir witmieliesis is 6,055 miljoen ton, 0,80% of 47 900 ton meer, terwyl die geelmielie-oes op 6,795 miljoen ton staan – ’n styging van 1,16% of 78 050 ton.

Die kommersiële sonneblomsaadoes is finaal bereken op 632 000 ton, ’n afname van 0,59% of 3 750 ton minder as die vorige skatting van 635 750 ton. Die sojaboonoes het tot 1,848 miljoen ton toegeneem – ’n groei van 0,42% of 7 710 ton. Die finale grondbone-oes is 52 000 ton, wat ’n styging van 0,49% of 255 ton verteenwoordig, terwyl die sorghumoes effens met 0,19% (of 190 ton) verhoog is na 98 000 ton.

Produsente wat nog nie aan die departement se maandelikse opname deelneem nie, word dringend versoek om by te dra tot die oesskattingsproses.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.