On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Onteieningswet – Wat nou volgende?

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Mon, 27 Jan 2025

Onteieningswet – Wat nou volgende? | News Article
Foto: Getty Images

Annelize Crosby, regskenner van die Landbousakekamer (Agbiz), verduidelik wat die wetgewing oor onteiening behels en watter implikasies dit vir produsente inhou.

Donderdagmiddag (23/1) het pres. Cyril Ramaphosa die Wetsontwerp op Onteiening bekragtig. Hierdie stap het uiteenlopende reaksie ontlok. Sommige politieke partye en organisasies het reeds regsadvies ingewin en vra dat die besluitherroep word.

Volgens Crosby moet mense egter nie hierdie wetgewing verwar met die mislukte pogings om die Grondwet te wysig nie. Die konsep van nulvergoeding, wat sommige partye graag grondwetlik wou inskryf, is nie gerealiseer nie. 

Sy benadruk die Grondwet vereis steeds vergoeding moet regverdig en billik wees. Dit vereis ook ’n balans tussen openbare belang en die regte van die geaffekteerde partye.

Verbeterings aan die Wetsontwerp

Crosby verduidelik die wetsontwerp het oor die jare verskeie verbeterings ondergaan; voorbeelde hiervan sluit in:

  • Verwydering van gevaargrond-klousules: Die bepaling dat grond wat ’n ‘gevaar’ inhou sonder vergoeding onteien kan word, is verwyder.
  •  Aanpassing van grondeienaarskap: Waar eienaars hul grond verlaat het, kan dit nou slegs sonder vergoeding onteien word as hulle steeds in staat was om beheer daaroor uit te oefen. Dit voorkom scenario's waar grondeienaars hul grond verloor omdat hulle dit weens besetting moes verlaat.

Ander kontrolemeganismes sluit in:

  • Betrokkenheid van verbandhouers in die proses.
  • ’n Verpligting om ooreenkomste met grondeienaars te probeer bereik voor onteiening.
  • ’n Klousule vir mediëring in geval van geskil oor vergoeding.

LEES OOK: Politieke vyande staan saam teen Onteieningswet

Punte van Kommer

Crosby het egter gewaarsku oor sekere uitdagings:

  • Die definisie van onteiening bly ’n bron van kommer.
  • Die finansiële implikasies vir grondeienaars wat hof toe moet gaan, is steeds groot.
  • Die moontlikheid dat staatsdepartemente massiewe kennisgewings van nulvergoeding kan uitreik, moet dopgehou word.

Wat lê voor?

Crosby meen die fokus moet nou wees op die implementering van die wet. Sy beklemtoon produsente wat met nulvergoeding-aanbiedings gekonfronteer word, moet onmiddellik hul landbou-organisasies en regsadviseurs raadpleeg.

Die wet sal waarskynlik verskeie hofsake tot gevolg hê wat insig sal bied oor hoe die bepalings geïnterpreteer word. Tot dan bly dit ’n wag-en-kyk situasie.

OFM Agri dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.