On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

AMT-ontleding: Graan- en vleispryse

───   06:52 Wed, 18 Dec 2024

AMT-ontleding: Graan- en vleispryse | News Article
Foto: Getty Images

Die jongste verslag deur dr. Johnny van der Merwe van AMT bied insig in Suid-Afrika se ekonomiese en landboumarktoestande met ’n fokus op graan- en vleispryse.

Ekonomiese aanwysers

“Die rand het die afgelope week sterk presteer en verhandel teen R17,86 teenoor die dollar. Inflasie in November was op 2,9%, steeds onder die teiken, wat moontlike rentekoersverlaging van 25 basispunte in Desember voorspel. Brent-ruoliepryse het gestyg tot $74,02 per vat hoofsaaklik weens produksiebeperkings en verhoogde vraag uit China,” sê Van der Merwe.

Graanmark

  • Witmielies: Die spotprys het tot R6 500 per t. gestyg, terwyl die Julie 2025-prys op R4 130 staan.
  • Geelmielies: Styg tot R5 365 per t., maar die Julie 2025-prys daal tot R3 905 per ton.
  • Sojabone: Spotprys styg week-tot-week tot R9 130 per t. met die Mei 2025-prys op R7 625.
  • Sonneblom: Spotprys op R10 430 per t. met Mei 2025-pryse op R9 675.

“Plaaslike pryse bly hoër weens lae binnelandse voorraad en verhoogde feestydvraag. Weerstoestande bly egter die belangrikste drywer, met kritieke reënvoorspellings oor die volgende twee weke wat pryse kan beïnvloed,” sê hy.

Vleismark

  • Beesvleis: Die speenkalfprys het met 2% tot R32,77 per kg gedaal, terwyl karkaspryse tot R57,18 per kg vir A2/3-karkasse gestyg het.
  • Lamsvleis: Stoorlampryse het tot R39,13 per kg gedaal met slaglampryse op R37,99.
  • Varkvleis: Pryse stabiliseer; spekvarkprys op R32,38 en worsvarkprys op R25,37.
  • Hoendervleis: Vars hoenderpryse styg tot R35,73, terwyl gevriesde hoender op R34,39 staan.

Vooruitsigte

Van der Merwe voorspel 2025 kan ’n beter jaar vir produsente wees met verbeterde pryse en laer aanbod uit Namibië.

“Rentekoersverlagings kan ook ’n positiewe impak op die mark hê. Die fokus bly egter op weerstoestande en vraag wat in Januarie weer kan daal.”

OFM Agri dg/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.