On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Oos-Kapenaar stap met louere weg as 2024 se Karoolam-kampioen

───   07:57 Tue, 17 Dec 2024

Oos-Kapenaar stap met louere weg as 2024 se Karoolam-kampioen | News Article
Minki van der Westhuizen, Tessa Chamerlain, Iné Bester en Chrisna Vermeulen. Foto verskaf

Chrisna Vermeulen van Middelburg, Oos-Kaap, is aangewys as die wenner van die 2024 Karoo Lamb Champs wat vanjaar in Graaff-Reinet plaasgevind het.

Vermeulen het gewen met haar smaaklike Suffolk-lam, terwyl Chrisna Venter met haar Wit Dorper-lam en Lukas Steenkamp met sy Dorper-lam, onderskeidelik die tweede en derde plekke behaal het. Die wenboere-unie was Agri Carnarvon, verteenwoordig deur Venter. 

Die 29 Karoolam-boere, almal geregistreer by die Karoolam-konsortium, is op streng kriteria beoordeel, insluitend vleis, smaak, tekstuur en algehele kwaliteit. 

‘Dit is ’n viering van die erfenis’

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), een van die organiseerders van die kompetisie, sê hierdie geleentheid is meer as net ’n kompetisie – dit is ’n viering van die erfenis, veerkragtigheid en uitnemendheid van Karooboere.

“Baie geluk aan al die deelnemers vir hul harde werk en toewyding, en ’n spesiale dankie aan ons borge Pick ’n Pay, Toyota, en Karoolam-konsortium wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Ons is ook baie dankbaar vir die gemeenskap van Graaff-Reinet wie se betrokkenheid hierdie viering so onvergeetlik gemaak het.”

Vermeulen het die gesogte titel van Karoo Lamb Champ gewen, ’n bronstrofee ter waarde van R50 000, gemaak deur Nic van Rensburg, en R25 000 kontant.

OFM Agri dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.