On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou neem 2024 in oënskou

───   13:09 Mon, 16 Dec 2024

Vrystaat Landbou neem 2024 in oënskou  | News Article
Vrystaat Landbou se kongres in 2024. Foto: Vrystaat Landbou

Die rol van weersomstandighede in landbou kan nie onderskat word nie en hierdie jaar het dit weer groot uitdagings meegebring,” sê Gernie Botha. Vrystaat Landbou (VL) se uitvoerende hoof.

Hy sê die jaar het belowend begin met oeste wat tot middel Januarie goed gelyk het. Maar daarna het die droogte toegeslaan wat steeds ’n groot impak op boere in die Vrystaat het.

Die Oos-Vrystaat het later in die jaar ongewone sneeuval beleef wat die landskap in ’n “pragtige wintertoneel” verander het. Hierdie weersomstandighede het egter gepaard gegaan met ernstige probleme: motoriste wat gestrand was, skade aan infrastruktuur en paaie wat vir weke onbegaanbaar was. “Dit het veral boere geraak wat gesukkel het om hul diere te versorg.”

Met groot dele van die provinsie wat steeds onder droogtetoestande gebuk gaan bly water ’n knelpunt. Reënval het meestal slegs in verspreide streke voorgekom. Volgens Botha bly infrastruktuur ook ’n groot uitdaging met paaie wat in sommige gebiede in 'n haglike toestand is. “Gesprekke met relevante owerhede duur voort om paaie te herstel en volhoubaar te verbeter.”

Dit was egter nie alles negatief nie. Vrystaat Landbou het vanjaar sy 120ste bestaansjaar gevier. Die mylpaal is tydens die jaarlikse kongres beklemtoon waar prominente gaste insluitend die minister van landbou die toekoms van die sektor bespreek het.

Nog ’n sukses was die Jongboerkonferensie waar jong boere oor belangrike kwessies gedebatteer het en insig gekry het van kundiges. “Hierdie konferensie speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van die volgende generasie boere.”

Botha het Vrystaatse boere vir hul harde werk bedank. “Dankie dat julle kos op ons tafels sit en ’n onmisbare rol in ons gemeenskap speel.” Hy het boere aangemoedig om sterk te staan en die komende jaar met moed en hoop tegemoet te gaan.

OFM Agri dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.