On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

BKB – die Tuiste van Landbou!

───   08:21 Thu, 12 Dec 2024

Sponsored08:21 Thu, 12 Dec 2024
BKB – die Tuiste van Landbou!  | News Article

‘n Verbintenis tot tradisionele waardes en vernuwende landbou-oplossings het oor die jare BKB in ‘n huishoudelike naam en ‘n volwaardige maatskappy met aandeelhouers verander.

Pulane Nel Sekepe gesels met Herman Bakkes, BKB se Bestuurder vir Besigheidsareas in die Noord-Wes, oor die maatskappy se betrokkenheid in die plaaslike gemeenskap:

_______________________________________________________________________________________________

Vandag, as die erkende ‘Tuiste van Landbou’ is BKB trots daarop dat ons nie net oor die wydste, maar ook die diepste landbou voetspoor landswyd beskik. Omdat ons verstaan wat jy nodig het, wanneer jy dit benodig bied ons ‘n span toegewyde en professionele bemarking adviseurs en afslaers wat produsente op alle vlakke van besigheid met vee kan bystaan.

Ons kernwaarde, dat mense ons grootste bate is, lei daartoe dat ons almal met waardigheid behandel, aanmoedig om te groei en beloon vir uitstaande prestasie. Ons gedeelde waarde dat uitmuntende diens nie onderhandelbaar is nie motiveer ons om verwagtinge te probeer oortref, terwyl ons voortgaan om ondernemerskap te bevorder en ‘n kultuur van konstante hernuwing te ondersteun. Met begrip vir die impak wat ons op moeder natuur het, is ons verbind om te herdink en te herwin sodat ons ons besigheid op ‘n volhoubare wyse kan bedryf.

BKB Lewendehawe en Veilingsdienste: 'n Sleutelfiguur in die Landbousektor

Met ’n netwerk regoor Suid-Afrika bied BKB landswye toegang tot hoë kwaliteit afslaersdienste deur BKB se Lewende Hawe en Afslaersafdeling wat onder andere spesiale- en vastepuntveilings, asook internet en uit-die-hand-verkope bied. Die Lewendehawe en Afslaers afdeling gaan voort om hulle te beywer vir uitmuntende diens aan ons kliënte. Ons handhaaf die leiersposisie in die industrie deur te verseker dat ons personeel oor die nodige markervaring en kundigheid beskik.

Entrepreneurskap en deurlopende opleiding van personeel word aangemoedig en bevorder ten einde te verseker dat ons voortdurend voldoen aan beide die eise van ons kliënte asook die verhandelingsomgewing. Digitale tegnologie en digitale media platforms word toenemend gebruik, wat die doeltreffendheid van ons bemarkingspogings vir lewende hawe aansienlik bevorder. Dit is dus nie ‘n geheim dat BKB deur hierdie dienste ‘n groot poging aanwend om op ‘n daaglikse basis ‘n wedersydse voordelige vennootskap met die produsent aan te knoop nie. Ons stel verder ‘n hoë standaard deur Home & Hectare, ‘n span gekwalifiseerde eiendomsagente wat die vereistes van die aankoop en bemarking van landbougrond, residensieële en industrieële eiendomme onder ‘n wye verskeidenheid omstandighede verstaan.

BKB, Die Leier in natuurlike vesel verhandeling

Of dit is vir die produksie van Rooivleis, Wol of Bokhaar is, BKB se omvattende dienste en ervare tegniese veldbeamptes sal u ten alle tye ondersteun. As die markleier in volhoubare ekonomiese vee produksie, is die welstand van vee en vesel produsente steeds een van ons primêre doelwitte. Die BKB Veselverhandelingsafdeling se pers en verskepingsfasiliteite bied ‘n doeltreffende hantering en verskepingsfunksie wai ‘n professionele diens aan internasionale wolkopershuise verseker. Ons snoer voordelig kragte saam met SA Stamboek deur BKB se DSS program ten einde doeltreffende genetiese verbetering en optimale ekonomiese produksie op plaasvlak te bewerkstellig.

BKB se unieke netwerk van Handelswinkels

BKB Handel word met trots beskou as die mees verteenwoordigende handelsonderneming in Suid Afrika. Ons handelstakke wat landswyd versprei is bied ‘n wye reeks landbou, brandstof, tuinbou en algemene produkte terwyl gerief, verskeidenheid en diens prioriteit geniet. Kundige personeel wat deeglik onderleg is in produk en verwysing advies sal jou by ons winkels verwelkom.

Onder die vaandel van die BKB Groep bedryf ons steeds die volgende hoogs suksesvolle besighede: Atlanta Suiker, GritCo, Grain Storage en AgriFin. So is BKB al die pad met jou. Of jy nou ‘n gevestigde of ‘n ontluikende landbouer is. Ons bly ‘n maatskappy wat tradisies respekteer, maar ook ruimte laat vir groei. Ons verwelkom verandering en bly hulpvaardig, professioneel en kundig in ons strewe om beter maniere te vind om groter sukses vir jou, die produsent, te verseker. Dit maak sin om ons te vertrou. Saam sal ons dit maak gebeur.

Besoek gerus www.bkb.co.za vir meer besonderhede.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.