Agriculture
Burgerregte-alliansie eis onmiddellike verbod op Terbufos─── 09:23 Fri, 06 Dec 2024
’n Alliansie van organisasies, akademici en vakbonde het ’n skrywe aan John Steenhuisen, minister van landbou, gerig om ’n verbod op die gevaarlike chemiese stof Terbufos te eis.
Hierdie stof is verbind met die dood van ses kinders en is een van verskeie hoogs gevaarlike plaagdoders (HGP's) wat in die afgelope maande minstens 22 sterftes veroorsaak het.
Die groep, onder leiding van die African Centre for Biodiversity, staaf navorsing toon kinders word die meeste geraak deur Terbufos, met navorsing wat wys dat 29 uit 50 kinders in een Kaapse lykshuis in 2023 weens hierdie stof dood is.
“Hierdie sterftes sluit 42,6% kinders jonger as vyf jaar in. Bo en behalwe akute sterftes, word oorlewendes blootgestel aan neuro-ontwikkelingskade wat lewenslange gevolge inhou. Die minister moet die grondwetlike verpligting aanvaar dat die beste belang van die kind van die uiterste belang is in alle aangeleenthede.”
#GovZAUpdates| Government discourages the citizens to use the illegal and poisonous pesticides. Terbufos, Galephirimi or aldecarb is not a rat poison-it kills and don't use it at home!! #FoodSafety https://t.co/KZRwD3IHEI pic.twitter.com/EVRAicgyar
— South African Government (@GovernmentZA) November 17, 2024
In sy 2024-verslag het VN-rapporteur dr. Marcos Orellana die Suid-Afrikaanse regering gekritiseer oor regulatoriese mislukkings wat tot onregverdige blootstelling aan gevaarlike chemikalieë in arm gemeenskappe lei. Orellana sê dat HGP’s wat in Europa verbied is steeds na ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika, uitgevoer word.
“Hoewel 176 HGP’s wettig in Suid-Afrika gebruik word, ontbreek ’n openbare databasis oor hierdie chemikalieë. Die regering het in 2022 belowe om 116 HGP’s uit te faseer, maar tot dusver is slegs 28 geïdentifiseer vir uitfasering – sonder dat Terbufos ingesluit is.”
Die alliansie eis dat die minister:
- Terbufos onmiddellik verbied.
- Alle HGP's wat reeds in die EU verbied is, binne ses maande verwyder word.
- Stappe doen om die vervanging van HGP's met ewe gevaarlike stowwe te voorkom.
Intussen het Nomonde Mnukwa, die waarnemende regeringswoordvoerder, in terugvoer oor Woensdag (4/12) se kabinetsvergadering verslag gedoen oor vordering met verskeie maatreëls wat reeds geïmplementeer is en planne wat in werking gestel is.
“Sedert President Cyril Ramaphosa se aankondiging op 15 November oor aksies teen voedselverwante siektes, is amper 200 000 spazawinkels landwyd geïnspekteer. Meer as 1 000 spazawinkels, supermarkte en pakhuise is reeds gesluit weens oortredings van plaaslike regulasies. Groot hoeveelhede vervalste en vervalde produkte is gekonfiskeer en talle boetes is opgelê.”
Die kabinet het ook beklemtoon dat daar nouer beheer sal wees oor voedselvervaardigers en die gebruik van die plaagdoder Terbufos, om te verseker dat streng standaarde gehandhaaf word.
I conducted an inspection at a tuckshop in Regorogile Township in Thabazimbi following incidents of foodborne illnesses around the country.
Posted by John Steenhuisen on Saturday 23 November 2024
Verder is daar herinner alle spazawinkels en voedselhanteerfasiliteite daaraan herinner dat hulle teen 6 Desember (21 dae vanaf 15 November) by hul munisipaliteite moet registreer en aan gesondheidsvereistes moet voldoen, anders sal hulle gesluit word.
Suid-Afrikaners word aangemoedig om waaksaam te wees wanneer voedselprodukte gekoop word. “Etikette moet gelees word. Maak seker geen vervalde produkte word gekoop word nie. Kinders moet ook opgevoed word oor voedselveiligheid.”
Die publiek word versoek om enige voorvalle van vervalste voedsel of vervalde produkte by die Nasionale Verbruikerskommissie te rapporteer by 012 065 1940.
OFM Agri dg