On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Lamb Champs: Land se lekkerste vleis kom van Sentraal SA

───   06:30 Mon, 22 Jul 2024

Lamb Champs: Land se lekkerste vleis kom van Sentraal SA | News Article
Jason Davel, wenner van Lamb Champs 2024, en Jacques du Preez, uitvoerende hoof van Provantage Group. Foto verskaf

“Die byeenkoms het 8 000 mense gelok, terwyl 100 skaap- en 50 bokboere van regoor Suid-Afrika aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem het, sodat hul produkte as die beste lam- en bokvleis in die land bekroon kon word.”

Jason Davel van die Vrystaat, wat met Île-de-France-skape boer, is as vanjaar se wenner van Saai se Lamb Champs-kompetisie gekroon. Hy wen R80 000 kontant en verskeie ander pryse, asook ’n brons trofee deur die beeldhouer Nic van Rensburg, ter waarde van R85 000.

Dié gewilde kompetisie is  Saterdag (20/7) by die Botaniese Tuine in Pretoria gehou en dit was weereens ’n reusesukses. Die byeenkoms het 8 000 mense gelok, terwyl 100 skaap- en 50 bokboere van regoor Suid-Afrika aan die Lamb Champs-kompetisie deelgeneem het, sodat hul produkte as die beste lam- en bokvleis in die land bekroon kon word.

Gawie van Heerden van die Noord-Kaap het tweede plek behaal met sy Merino-lamsvleis en in derde plek is Colene van der Merwe, ook van die Noord-Kaap, met haar Dormer-skaapvleis. Die boere wat tweede en derde geëindig het, ontvang tjeks ter waarde van onderskeidelik R40 000 en R15 000.

Die wenner van die bokafdeling is Danie Stauss van Rouxville in die Vrystaat. Hy wen ’n tjek ter waarde van R25 000.

Die nasionale Lamb Champs-geleentheid in Pretoria was net die begin van ’n opwindende reis wat voorlê. Die fokus sal nou na die Vrystaat verskuif, waar Reitz op 28 September ’n geleentheid met 50 lammers vir 2 500 gaste sal aanbied. Die jaar sal op 15 Desember in Graaff-Reinet afsluit, waar 1 000 mense die heerlike vleis van Lamb Champs sal geniet. Elke geleentheid is ontwerp om die unieke geure en tradisies van sy streek te beklemtoon, plaaslike ekonomieë te versterk en die verhale agter die plase te vier.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.