On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Christiana se Thompson aangewys as nuwe voorsitter van Aartappels SA

───   05:00 Fri, 19 Jul 2024

Christiana se Thompson aangewys as nuwe voorsitter van Aartappels SA  | News Article
Murray Thompson

Volgens Thompson is die bedryf in goeie hande, met ’n sterk uitvoerende span.

Murray Thompson, die nuwe voorsitter van Aartappels Suid-Afrika, het vandeesweek tydens die organisasie se nasionale kongres in Kaapstad met OFM Agri se Pieter Möller gesels oor sy visie vir die organisasie.

Thompson, ’n bekende aartappelboer van Christiana in Noordwes, het gesê hy is geëerd en opgewonde oor sy nuwe rol.

Thompson se korttermyndoelwitte fokus op kontinuïteit en stabiliteit binne die bedryf. Langtermyn is tegniese ontwikkeling en transformasie prioriteite. Hy beklemtoon die belang van die informele mark, wat ’n wyer reeks aartappels bemark as standaard kleinhandelaars.

Volgens Thompson is die bedryf in goeie hande, met ’n sterk uitvoerende span en geen onmiddellike uitdagings nie. Hy glo dat die fokus nou moet wees op die geleidelike verbetering van ondersteuningstrukture om volhoubare groei te verseker.


Aartappels SA se kongres het op 16 en 17 Julie in Kaapstad plaasgevind. Na aanleiding van 2022 se tema: Aartappels 2050, is die tema vanjaar “2050 is nou”. Verskeie onderwerpe in die waardeketting is breedvoerig bespreek en die 2024 Aartappelboer van die Jaar, asook Moerkweker van die Jaar, is aangekondig.

OFM Agri

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.