On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou, nuwe LUR vir Gemeenskapveiligheid vergader

───   08:09 Tue, 16 Jul 2024

Vrystaat Landbou, nuwe LUR vir Gemeenskapveiligheid vergader | News Article
Foto: Verskaf

Vrystaat Landbou het ook die LUR geluk en sterkte toegewens met sy aanstelling.

Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee het met die nuwe Vrystaatse LUR vir Gemeenskapveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, en sy direkteure, vergader om ’n samewerkingsverhouding te vestig om landelike veiligheid en misdaad in boerderygemeenskappe effektief saam met die polisie aan te spreek. 

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, noem dat daar vyf belangrike kwessies onder die LUR se aandag gebring is:

1. Doeltreffende implementering van die Nasionale Landelike Beveiligingstrategie: Dit moet fokus op die toewysing van patrollievoertuie aan elke landelike veiligheidskoördineerder by ’n “urban/rural mix” polisiestasie. Verder moet die kapasiteit, mannekrag en voertuie van die veediefstal-eenhede versterk word.

2. Deurvoer van twee belangrike konsepwette:

  • Die Nasionale Skutwet wat munisipaliteite verplig om skutte daar te stel vir rondloper diere om motorongelukke en vernietiging van weiding te voorkom. Kwarantynskutte teen die RSA/Lesothogrens moet ook ingebring word om biosekuriteit van diere te verseker.
  • Die Wysigingswet op Veediefstal van 1959, bekend as die “Controlled Animal Bill”, wat beter maatreëls en riglyne sal stel om veespekulante en die vervoer en verkoop van vee te reguleer.

3. Daarstelling van ’n patroleerbare 4x4-grenspad by die RSA/Lesothogrens: Die Departement van Openbare Werke moet saam met ander departemente werk om hierdie pad te ontwikkel sodat wetstoepassers, insluitend die SANW, SAPD, BMA en boerderygemeenskappe, misdaad effektief kan aanspreek.

4. Doeltreffende funksionering van bestaande forums: Forums soos die “Border Safeguarding Forum” onder leiding van die SANW, die “Cross Border Crime Prevention Forum” en die polisie se prioriteitskomitee moet doeltreffend funksioneer met aksies en beplanningsoperasies wat daaruit voortvloei.

5. Oudit en herstrukturering van die diere-identifikasiestelsel (AIS): Volgens die Animal Identification Act (AIDA) moet die polisie toegang hê tot die stelsel om te verseker dat geregistreerde persone inderdaad boere is, en dit moet beperk word tot Suid-Afrikaanse burgers.

Pieter Kemp, vise-voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, het bygvoeg dat die LUR ook ingelig is oor VL se privaat ondersoekers van die veediefstal-inisiatief en die suksesse wat behaal is. Hierdie inisiatief, onder leiding van Peet Swanepoel, ondersteun die polisie se veediefstal-eenhede in die ondersoek van veediefstal-insidente. VL se AIMS (Animal ID, Movement and Safety) naspeurbaarheidstelsel, wat vee-eienaars help om hul vee te monitor deur die waardeketting, is ook kortliks aan die LUR uitgewys.

OFM Agri/Johan Gunter cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.