On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Maak seker jy doen betyds aansoek om waterregte te hernu

───   06:00 Wed, 10 Jul 2024

Maak seker jy doen betyds aansoek om waterregte te hernu | News Article
Foto: Getty Images

“In die praktyk beteken dit dat hernuwingsaansoeke dieselfde streng vereistes moet nakom as nuwe aansoeke.”

Dit gebeur dikwels dat grondeienaars en produsente versuim om te verseker dat waterregte betyds hernu word. In ’n aanlyn werkswinkel wat deur Agri SA aangebied is, het die organisasie se Janse Rabie vir regskenner Adriaan Groenewald gevra waarop gelet moet word was dit by die hernuwing van waterregte kom.

Volgens Groenewald is daar geen waarborg in die wet dat ’n watergebruikslisensie outomaties weer toegestaan sal word nie. Die proses vir hernuwing van waterregte word deur die Departement van Water en Sanitasie hanteer asof dit ’n nuwe aansoek is.

Artikel 52 van die Nasionale Waterwet bepaal dat die verantwoordelike owerheid dieselfde oorwegings moet maak as met die aanvanklike aansoek wanneer ’n hernuwingsaansoek oorweeg word. Die owerheid mag ook enige voorwaardes van waterregte in oorleg met die lisensiehouer wysig.

In die praktyk beteken dit dat hernuwingsaansoeke dieselfde streng vereistes moet nakom as nuwe aansoeke, wat geen versekering bied dat die hernuwingsaansoek goedgekeur sal word nie. Hoewel Groenewald nog nooit ’n geval gehad het waar ’n hernuwingsaansoek van die hand gewys is nie, bly dit ’n punt van kommer.

Nog ’n uitdaging wat Groenewald uitgelig het, is die departement se praktyk om onwettige watergebruikers op te spoor tydens die hernuwingsproses. Dit lei dikwels tot vertragings, aangesien die departement aandring dat hierdie onwettige watergebruikers eers wettige gebruiksregte moet kry voordat die hernuwing van die oorspronklike permit voltooi kan word.

Hierdie vertragings kan daartoe lei dat waterregte tegnies verval terwyl die legitimering van onwettige watergebruikers steeds in proses is.

Groenewald het beveel aan dat eienaars minstens twee jaar voor die tyd met die proses begin. Hy beklemtoon ook dat watergebruikers nie net die watergebruik wat onder hul lisensie val nie, maar alle watergebruik moet hersien, voordat ’n hernuwingsaansoek ingedien word.

OFM Agri mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.