On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou rig uitnodiging aan nuwe landbouminister

───   19:05 Wed, 03 Jul 2024

Vrystaat Landbou rig uitnodiging aan nuwe landbouminister | News Article
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. Foto: Vrystaat Landbou

“Voedselsekerheid is een van die mees dringende kwessies wat tans nie genoeg aandag kry nie.”

Vrystaat Landbou (VL) het ’n uitnodiging aan John Steenhuisen, die nuwe minister van landbou, gerig om saam te werk ter bevordering van landbou in Suid-Afrika. Steenhuisen se aanstelling word beskou as ’n stap wat hoop gee vir ’n nuwe era waarin landbou kan floreer.

Steenhuisen het onlangs verklaar dat hy die “harde stem van landbou” wil wees. In reaksie hierop, beklemtoon Francois Wilken, president van VL, die dringende behoefte aan samewerking om die uitdagings wat boere ervaar, aan te spreek.

Voedselsekerheid ’n prioriteit

Voedselsekerheid is een van die mees dringende kwessies wat tans nie genoeg aandag kry nie. Wilken stel voor dat boere en organisasies bemagtig moet word met die nodige infrastruktuur en ondersteuning om voedselsekerheid te verseker. “’n Beroep word dus op die minister gedoen om die herstel van infrastruktuur en toegang tot water te bevorder.” Hy benadruk ook die noodsaaklikheid van befondsing vir alle boere wat verliese gely het in rampe, aangesien huidige befondsing hoofsaaklik net opkomende boere ondersteun.

Opleiding en ondersteuning

Wilken raak verder die behoefte aan beter opleiding in landbou aan. Hy stel voor dat kwaliteit, praktiese landbou-onderrig weer by die Glen Landbou Kollege aangebied word, in vennootskap met die Sentrale Universiteit van Tegnologie en TVET landbou-kursusse. Hierdie vennootskap kan Vrystaat boere in staat stel om ’n suksesvolle sektor te bou.

Volhoubaarheid en wetgewing

Die volhoubaarheid en winsgewendheid van die landbousektor is ander areas wat aandag vereis. VL beklemtoon die belangrikheid van strategieë wat in samewerking met spesialiste geskep moet word om hierdie aspekte van landbou te bevorder. Dit sluit in die behoefte aan wetgewing wat die regulering van die sektor sal verbeter, soos die wysigingswetsontwerp op veediefstal en die Nasionale Skutwet.

Vrystaat Landbou glo dat indien Minister Steenhuisen hierdie behoeftes aanspreek, hy inderdaad die “harde stem vir landbou” sal wees wat hy beloof het om te wees.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.