On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Opwindende 4x4-naweek ten bate van Kalahari Wildlife Projects

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 04 Jul 2024

Opwindende 4x4-naweek ten bate van Kalahari Wildlife Projects | News Article
My 4x4 Fitment in Upington bied hierdie naweek ‘n 4x4 dag aan ten bate van die Kalahari Wildlife Project (KWP). Die KWP spesialiseer in die redding en rehabilitasie van verskeie beseerde Kalahari-spesies, insluitend ietermagog (pangolin). FOTO: Conserving Wildlife

“Die naweek word aangebied om mense bewus te maak van die noodsaaklike werk wat gedoen word om wilde diere te rehabiliteer en te beskerm.”

My 4x4 Fitment in Upington bied hierdie naweek ’n 4x4 dag aan ten bate van die Kalahari Wildlife Project (KWP). Die KWP is geleë in die Noord-Kaap en spesialiseer in die redding en rehabilitasie van verskeie beseerde Kalahari-spesies, insluitend ietermagog (pangolin), meerkatte, aardwolwe, verskillende roofvoëls, kleiner soogdiere en soms groot katte soos jagluiperds.

Verkoopsbestuurder by My 4x4 Fitment, Pamela Kruger, vertel die naweek word aangebied om mense bewus te maak van die noodsaaklike werk wat gedoen word om wilde diere te rehabiliteer en te beskerm. Sy verduidelik dat die naweek daarop gemik is om soveel as moontlik mense te betrek en in te lig oor hoe hulle ‘n verskil kan maak in die lewens van beseerde diere. Kalahari Wildlife Projects neem hierdie diere in, versorg en rehabiliteer hulle, en stel hulle dan weer vry in hul natuurlike habitat. Hierdie proses is egter nie goedkoop nie en elke maand wat ‘n dier gehuisves word, bring lopende kostes vir rehabilitasie en voeding mee.


“My 4x4 Fitment, is ‘n buitelugwinkel wat lief is vir vier-by-vier en kampaktiwiteite, het besluit om hierdie liefdadigheidsprojek aan te pak. Ons glo dat hierdie naweek ‘n fantastiese manier is om Kalahari Wildlife Projects te ondersteun en ons gemeenskap te betrek,” vertel Kruger.

Die 4x4-naweek beloof om propvol opwinding te wees. Dit vind plaas by Witsand Natuurreservaat en begin Vrydagaand met ‘n optrede deur Jan Rhaap. Die 4x4 roetes sal Vrydagmiddag begin, met stapsessies op Saterdagoggend. Upington Toyota het ook hande gevat om boeresport vir die kinders te organiseer, wat Saterdag se aktiwiteite sal duur totdat die potjiekos kompetisie om 14h00 begin. Daar sal ook musiekoptredes wees Saterdagaand.

“Al die fondse wat ons insamel, gaan direk na Kalahari Wildlife Projects om hulle te help met die daaglikse kostes en uitdagings wat hulle in die gesig staar om wilde diere te beskerm en te versorg,” sluit Kruger af.

OFM/Agriculture cg




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.