Agriculture
Landbounuus: Plaasaanval-ondersoeke duur voort by Reivilo─── ELSABÉ RICHARD 14:58 Fri, 17 Nov 2023
Noordwes-polisie sê die 68-jarige vrou is dood verklaar terwyl haar man ernstig beseer is.
Ondersoeke duur voort in Noordwes ná 'n plaasaanval in die Reivilo-distrik. 'n Bejaarde egpaar is 'n week gelede aangeval op hul plaas deur 'n onbekende aantal mans wat toegang verkry het tot hul huis deur die veiligheidshek oop te breek met ‘n tang. Noordwes-polisie sê die 68-jarige vrou is dood verklaar terwyl haar man ernstig beseer is. Hul bakkie is ná die aanval gevind op Kuruman in die Noord-Kaap.
Jagters sukkel om hul vuurwappenisensies te hernu by die sentrale vuurwapenregister. Geen terugvoering word gegee nie, aansoeke raak weg of word verkeerd ingelees.
'n Landbou-ekonoom sê hy kan aan geen ander land dink waar so 'n verskeidenheid dieresiektes in so 'n kort tydperk uitgebreek het nie. SA boere gaan gebuk onder voëlgriep, Afrika-varkpes en bek-en-klouseer.
Die Suikerrietkwekersvereniging vra die Minister van Finansies moet die voorgestelde verhoging in suikerbelasting heroorweeg. Dié belasting is daarop gemik om vetsug en diabetes hok te slaan. Dit staan nou op 2,1 sent per gram suiker bo 'n drempel van vier gram per 100 milliliter. Farmer's Weekly se Sindira Chetty sê die heffing wil die verbruik van suikerryke drankies in Suid-Afrika verminder.
EN
‘n Gautengse boer is aangewys as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar. Jimie Malan se boerdery-aktiwiteite bestaan uit plante vir groot- en kleinhandelmarkte, Ankole-beeste, stoetwild en jag.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné