Agriculture
Kommer oor staatsdepartemente wat steier onder hewige regskoste─── ELSABÉ RICHARD 14:08 Thu, 09 Nov 2023
Gevolglik bly nie genoeg geld oor in hul begroting om hul eintlike werk te doen nie.
Kommer heers in die landbousekor oor staatsdepartemente wat steier onder hewige regskoste. Gevolglik bly te min oor in hul begroting om hul eintlike werk te doen.
Grondvog is uitstekend in die meeste streke van die land danksy die afgelope goeie reënseisoene. Die moontlikheid van nog gunstige reënval tot vroeg volgende jaar beteken dat Suid-Afrika ’n taamlik beter somer kan hê in 2023/24.
Die landbousakekamer van Suid-Afrika sê ’n onlangse verslag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens toon goeie reën kan verwag word tot Februarie in die noordooste van die land. Dié neerslae kan ook die bestuiwingstadiums van somergewasse dek waar vog die nodigste is, en so lei tot beter oeste.
Suid-Afrikaanse graanboere beskou sonneblomme dikwels as ’n tweederangse gewas pleks dat hulle dit behandel as die ster van hul boerdery . Hulle is ook geneig om nie genoeg tyd, aandag en hulpbronne in die gewas te belê nie, sê Muntingh Hamman, bemarkingsbestuurder van Syngenta. Hy meen sonneblomme is allermins ’n afskeepgewas.
Die nasionale Departement van Landbou het verligting gebied aan boere in Noordwes wat verliese gely het weens veldbrande in die Kagisano Molopo-munisipaliteit. Meer as 16 000 sakke voer van R5 miljoen is versprei onder 1 240 boere – 170 boere se heinings en 13 se pype, ter waarde van R250 000, is deur die department vervang.
Enige nadelige uitwerking op die vee- en pluimveebedryf, soos siekte-uitbrekings, kan ’n wesenlike impak op die welstand van Suid-Afrika se landbou hê. Hierdie subsektore is verantwoordelik vir ongeveer die helfte van die landbou se bruto toegevoegde waarde.
Die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika sê beter biosekuriteitsmaatreëls kan help om siektes te bekamp, aangesien dié subsektore deurslaggewend is vir inklusiewe groei. Hy sê die land se biosekuriteitsoortredings, soos gesien in die onlangse uitbrekings, dui op ernstige kapasiteitsuitdagings in plaasbiosekuriteitsmaatreëls en veeartsenykundige en verwante ondersteuningsdienste.
EN
Lewendehawe se markpryse styg steeds. Daar is ook meer mooi aanteelvee beskikbaar. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê dis nou die ideale tyd vir boere om aanteelvee te koop omdat daar groot getalle van dié vee in die mark beskikbaar is. Hy bring ons op die hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné/Corné/Morné