On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 08:16 Tue, 17 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Mumine Durmaz/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 0,56% gedaal, gedeeltelik meegebring deur stroopdruk in veral Amerika.
  • Brasilië se mielie aanplantings is effens agter die vorige jaar se tempo, met 12% van die geskatte oes wat reeds geplant is (teenoor verlede jaar se 13%). 
  • Met beperkte reënval in die meeste streke, het die Buenos Aires Graanbeurs gewaarsku dat boere hul oppervlaktekeuses kan heroorweeg, terwyl die Rosario Graanbeurs opgemerk het dat sommige beplande mielie-areas na sojabone verskuif kan word.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met algemene marginale afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober het met R23/ton (-0,57%) gedaal en teen R4 015/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober met R41/ton (-1,06%) laer verhandel en teen R3 829/ton gesluit. 
  • Die verspreiding tussen wit- en geelmieliekontrakte is tans R186/ton.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Maandag met ‘n margninale 0,76% gedaal.
  • Druk op die mark is aangedryf deur die vinnige stroopvordering van die Amerikaanse oes, wat na verwagting 43% voltooid was teen 8 Oktober, wat beide die vorige jaar en die vyf jaar gemiddelde oortref het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R12/ton (-0,13%) gedaal en teen R9 098/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R33/ton gedaal en teen R9 070/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,44% opwaarts verhandel.
  • Kommer oor ongunstige weerstoestande wat gewasse in die suidelike halfrond beïnvloed, veral in Argentinië, Brasilië en Australië het bygedra tot prysondersteuning. 
  • Verder het besprekings oor droë planttoestande vir winterkoring in Rusland en Oekraïne ook bygedra tot hierdie ondersteuning in pryse. 
  • Die voortslepende onrustigheid in die Midde-Ooste, wat 'n impak op eksterne markte gehad het, het ook 'n rol in opwaartse pryse gespeel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 200/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R4/ton (+0,07%) geklim en gesluit teen R6 093/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.