On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:12 Fri, 13 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Nastya Korenkova/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdag met 0,54% gestyg.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R6/ton (+0,14%) geklim en teen R4 059/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R32/ton (-0,82%) gedaal en teen R3 865/ton gesluit. 
  • Verlede week het Suid-Afrika 80 000 ton se mielies uitgevoer. Hiervan was 64 000 ton se geelmielies uitgevoer grootendeels na China (wat die eerste uitvoere na China vir hierdie seisoen merk). 
  • Daar is ook 16 000 ton se witmielies uitgevoer onder meer na Botswana, Zimbabwe en Namibië. Vir hierdie seisoen is daar 76% van die beraamde geelmielies reeds uitgevoer. Slegs 42% van die witmielies is al uitgevoer.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Donderdag met 1,49% gedaal.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met sterk afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R151/ton (-1,68%) gedaal en teen R8 850/ton gesluit. Die Maart 2024-kontrak het met R119/ton gedaal en teen R8 837/ton. 

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdag met 0,43% afwaarts verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 193/ton gesluit. Die Desember 2023-kontrak het met R58/ton (-0,95%) gedaal en gesluit teen R6 075/ton. 
  • Vir die week geëindig 6 Oktober, wat die eerste week van die nuwe koringbemarkingseisoen merk, was daar slegs 1 027 ton se koring ingevoer. 
  • Vir hierdie seisoen word daar verwag dat 1 600 000 ton se koring ingevoer moet word, wat amper 100 000 ton laer is as die verwagting vir die vorige seisoen. Dit word meegebring deur die hoër produksievooruitskattings vir hierdie seisoen. 
  • Koring is ingevoer vanaf Lesotho, Namibië en Zimbabwe.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.  

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.