On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 08:00 Tue, 26 Sep 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Susanne Jutzeler, suju-foto/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Dinsdag met 1,26% gestyg.
  • Die nuutste Amerikaanse oesvorderingverslag is Maandagaand vrygestel. Daar was aangedui dat Amerika stelselmatig begin stroop aan hierdie jaar se mielie-oes.
  • Tot op 24 September is 15% van die oes gestroop, wat effens voor vorige seisoen en die vyf jaar gemiddelde tendens van 11 en 13% is. Die kwaliteit is effens hoër as die vorige seisoen.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Dinsdag met ‘n effense afwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R5/ton (-0,13%) gedaal en teen R3 925/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R6/ton (-0,15%) gedaal en teen R3 814/ton gesluit.
  • Sommige produsente in die Ooste het reeds begin plant aan volgende jaar se oes.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Dinsdag met 0,31% gestyg.
  • Die Amerikaanse oesvorderingsverslag het Maandagaand aangedui dat Amerika reeds 12% van hierdie jaar se sojaboonoes gestroop het. 
  • Dit is effens voor die tendens van die vorige seisoen se tempo van 7%, en die vyf jaar gemiddelde tempo van 11%. Die kwaliteit van die oes is effens swakker in vergelyking met die vorige seisoen se kwaliteit.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdag met sterk opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R147/ton (+1,57%) geklim en teen R9 490/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R99/ton geklim en teen R9 469/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Dinsdag 2,33% hoër verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 490/ton gesluit. Die Desember 2023-kontrak het met R50/ton (+0,81%) geklim en gesluit teen R6 355/ton.

 Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

 OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.