On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 31 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Daniela Cappella/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n skerp afwaartse tendens van ongeveer 1,88% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met ‘n effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R2/ton (+0,06%) geklim en teen R3 612/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R11/ton (+0,31%) geklim en teen R3 605/ton gesluit.
  • Hierdie week het die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) hul sewende skatting vir somergrane vrygestel. Die skatting vir die produksie van geelmielie is met 55 000 ton opwaarts aangepas na 7,77 miljoen ton. 
  • Hiervan het produsente reeds 81,5% gelewer. In terme van witmielies is geen aanpassing aan die skatting van 8,64 miljoen ton gemaak nie. Mielieprodusente het reeds 86,4% van die geskatte witmielies gelewer.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys het Woensdag verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,95% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R30/ton (+0,31%) geklim en teen R9 590/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R35/ton geklim en teen R9 705/ton.
  • In die sewende NOK-verslag vir somergrane was die skatting vir sojabone onveranderd en het bly staan op ‘n skatting van 2,76 miljoen ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n skerp afwaartse tendens van ongeveer 3,13% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R71/ton (-1,11%) gedaal en teen R6 300/ton gesluit. Die Desember 2023-kontrak het met R58/ton gedaal en gesluit teen R6 195/ton.
  • Dinsdagmiddag het die NOK die eerste produksieskatting vir wintergrane vrygestel. Koringopbrengste, in die Wes-Kaap veral, is verhoog van 2,55 ton/ha in die vorige seisoen na 3ton/ha vir hierdie jaar se oes. 
  • Die Vrystaat se opbrengste word ook verspel om hierdie seisoen te verhoog van 4,55 ton/ha na 4,8 ton/ha. 
  • Daar word beraam dat Suid-Afrika hierdie jaar ‘n 2,14 miljoen ton se koringoes kan afhaal.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.