On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 10:33 Mon, 21 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Zen Chung/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 0,77% hoër as die vorige verhandelingsdag. 
  • Hierdie opwaartse verhandeling kan toegeskryf word aan die nuwe uitvoersyfers wat in die VSA vrygestel is, maar dat 'n droë en matige weersituasie vir die res van Augustus egter die situasie kan verander.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met ‘n algemene opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R54/ton (+1,52%) geklim en teen R3 615/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R46/ton (+1,27%) geklim en teen R3 655/ton gesluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 0,15% hoër as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met skerp opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R240/ton (+2,57%) geklim en teen R9 575/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R157/ton geklim en teen R9 650/ton. Die groot plaaslike stygings word meegebring deur sojaboonuitvoere wat spoed op tel.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n afwaartse tendens van ongeveer 1,4% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R1/ton (-0,01%) gedaal en teen R6 690/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R14/ton geklim en gesluit teen R6 659/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.