On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 28 Jul 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Daniel Dan/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdagoggend met 'n effense afwaartse neiging verhandel.
  • Oor die laaste paar weke is Amerikaanse mieliepryse deur aansienlike verliese in die gesig gestaar namate die oeskwaliteit begin verbeter het.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met skerp afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R128/ton (-3,4%) gedaal en teen R3 644/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R94/ton (-2,5%) gedaal en teen R3 690/ton gesluit.
  • Vir die week geëindig 21 Julie is 981 934 ton mielies gelewer. Hiervan was 565 708 ton witmielies en 416 226 ton geel. Dit het die mielielewerings wat teen die oesskatting gelewer is, gebring tot 72,7% gelewer vir witmielies en 70,5% gelewer vir geel. 
  • Dit beteken dat vir die oorblywende bemarkingseisoen  daar 59 000 ton witmielies en 56 823 ton geelmielies weekliks gelewer moet word om die skatting te bereik. 
  • In die jongste verslag van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK), wat Woensdag uitgereik is, is vooruitskattings vir mielieproduksies onveranderd gelaat. Huidige ramings is vir 8,64 miljoen ton witmielies en 7,72 miljoen ton geelmielies.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 2,03% gestyg.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met gemengde tendens verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R10/ton (-0,11%) gedaal en teen R8 890/ton gesluit.
  • Vir die week geëindig 21 Julie is 7 252 ton sojabone gelewer, wat die totale lewerings op 2 611 345ton te staan bring. 
  • Dit maak 95% uit van die NOK-skatting vir die 2023/2024-bemarkingsjaar. Die grootste deel van die sojaboonoes is gelewer, en vir die res van die seisoen moet 4 725 ton per week gelewer word om die NOK-skatting te bereik.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 5,29% laer verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met skerp afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R99/ton (-1,41%) gedaal en teen R6 900/ton gesluit. Die September 2023-kontrak het met R82/ton gedaal en gesluit teen R6 766/ton.
  • Woensdag het die NOK die voorlopige oppervlakte wat vir die 2023-seisoen geplant is, vrygestel. Koring-hektare, vergeleke met vorige seisoen, is met 6,1% verminder tot 532 300 hektaar geskat. 
  • Dit is ook 10 300 hektaar laer as die aanvanklike skatting. Wat ander wintergraangewasse betref, is hektare vir gars (+8,5%) en kanola (+3,72%) vergeleke met vorige seisoen verhoog.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.