Agriculture
Bees van die week: Chianina─── ELSABÉ RICHARD 07:52 Wed, 31 May 2023
As jy onlangs Graan SA se NAMPO Oesdag op NAMPO Park bygewoon het, dan is dit moontlik dat jy ‘n Chianina-bul by die lewendehawe-afdeling raakgeloop het.
Dié bul, wat deur die Chianina-telersgenootskap van Suid-Afrika ten toon gestel is, het groepies mense gelok wat in verwondering oor sy grootte gestaan het.
Dié 5-jarige bul weeg sowat 1,3 ton.
Volgens die genootskap se Frans Swanepoel is die Chianina-beesras ‘n ou ras gedateer en gedokumenteer uit die 13de eeu. Dit is toe ingevoer in 1966 vanuit Italië.
Chianina-telers is redelik verspreid met boere in onder meer Badplaas in Mpumalanga, Vereniging in Gauteng, Limpopo en Groot Merico in Noordwes.
Die Chianina word hoofsaaklik geteel vir stoetdoeleindes en vir vleis.
Hulle word nie in gewone abattoirs geslag nie vanweë hulle grootte. Hulle kan tot 1,8m hoog (op die skof) groei en tot 1,5 ton weeg.
Chianina-beeste uitgestal by Graan SA se NAMPO Oesdag buite Bothaville, Vrystaat.
Eienskappe:
- Goeie temperament
- Uitstekende moederlike instinkte
- Kalfgemak
- Aanpasbaar in enige omgewing
- Uitsonderlike voeromsetting
- Hoë waarde vleis
- Vroeë volwassenheid
Luister na die volledige gesprek hier: