On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

NDBV se standpunt oor die besit van eksotiese troeteldiere

───   ELSABÉ RICHARD 08:24 Thu, 06 Apr 2023

NDBV se standpunt oor die besit van eksotiese troeteldiere | News Article
FOTO: Chinchilla - Bulat Khamitov/Pexels.

Baie min individue en geriewe kan die lewe wat 'n eksotiese dier in sy natuurlike omgewing sou hê, ten volle naboots.

Sien onderstaande PODCAST

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) bly onwrikbaar daarteen gekant dat eksotiese diere in aanhouding of selfs as troeteldiere aangehou word.

ALSO READ: Midvaal set to review bylaws on exotic animals after tiger escape

Volgens Kesvi Nair is eksotiese diere, diere wat natuurlik buite Suid-Afrika voorkom, terwyl inheemse diere natuurlik eie aan die land is.

"Waar daar geen wettige bewaringsdoel vir die aanhou van eksotiese produkte is nie, wat diere soos tiere insluit, moet die diere toegelaat word om 'n natuurlike lewe te lei in hul natuurlike habitat in hul land van herkoms."

Permitte

Nair sê die permitstelsel verskil volgens elke provinsie. Sommige provinsies, soos die Wes-Kaap, word goed gereguleer en permitte word vereis om die diere in te voer en aan te hou.

Sy beklemtoon dat permitte vir beide inheemse en eksotiese diere geld.

"Die permitte wat uitgereik is deur enige Natuurbewaringspermitbeampte en 'n lisensie uitgereik deur 'n beampte van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD) ingevolge die PAPA, kan nie uitgereik word sonder dat die amptenaar die diere se welsyn behoorlik in ag neem nie. 

"Hierdie uitkoms is in ooreenstemming met die Hooggeregshof-uitspraak – NDBV vs DEA (SAAK No: 86515/2017) waarin regter Kollapen tereg beslis het dat bewaring en dierewelsyn verweefde waardes is. Hierin kan die een nie sonder die ander bestaan nie."

ALSO READ: Northern FS truck carrying expensive, exotic birds hijacked

In 'n onlangse voorval is drie leeus geneem na 'n diereskuiling nadat hulle gered is van 'n eiendom in Randfontein in Gauteng. Die provinsiale landboudepartement het die NDBV ingelig dat dié groot katte ontwettig aangehou word. 'n Saak is by die polisie geopen. 

Die NDBV het gewaarsku dat wilde diere se welsyn in gedrang kan kom as hulle aangehou word. Beskuldigdes kan tronkstraf en/of 'n R10 miljoen boete kry.

Belangrikheid van regulasies

“Regulasies word vereis omdat veral eksotiese wilde diere soms ’n bedreiging vir inheemse wild word. Byvoorbeeld frette kan uiters problematies en indringend raak. In hierdie gevalle moet daar regulasies wees bloot om Suid-Afrika se biodiversiteit te beskerm.”

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.