On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Pogings duur voort om krokodil by rioolwerke te hervestig

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Wed, 05 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Pogings duur voort om krokodil by rioolwerke te hervestig | News Article
FOTO: Owl Rescue Centre/Facebook.

'n Omgewingsbewaringsorganisasie in Noordwes poog steeds om 'n krokodil te hervestig by 'n rioolsuiweringsaanleg.

Owl Rescue Centre se Danelle Murray sê die jong krokodil het van Rooikoppiesdam af gekom. Sy sê hulle werk saam met die departement van natuurbewaring om die krokodil te skuif na waar dit nie gevaar vir die publiek inhou nie. Sy sê krokodille is 'n bedreigde spesie en word beskerm deur die natuurbewaringsdepartement. 

Twee-en-twintig beeste is in die laaste kwartaal van 2022 uitgeskot by die Potchefstroom Landboukollege. Die VF Plus se Tamarin Breedt wou in 'n skriftelike vraag aan minister Thoko Didiza weet hoeveel beeste in landboukolleges landwyd uitgeskot moes word, en wat die redes was. Didiza sê die beeste by die Noordwes-kollege is weens ouderdom uitgeskot en is nie vir teeldoeleindes nodig nie.

Dit is reeds 'n paar dae nadat Nersa se goedgekeurde verhoging van amper 19% in die elektrisiteitstarief in werking getree het. Agri Noord-Kaap-president, Nicol Jansen, sê die verhoging plaas nog druk op die landbousektor.

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het die SANParke Visie 2040 bekendgestel. Minister Barabara Creecy sê dit is daarop gemik om  gesonde, volhoubare en klimaatsbestande beskermde gebiede en 'n beskermde gebiedsagentskap te skep.

EN

Pampoenkoekies en -sop is op die spyskaart van 'n Oos-Vrystaatse huis nadat die Von Maltizse 'n pampoen gekweek het van byna 120kg. 

OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.