Agriculture
Landbounuus-podcast: Beurtkrag 'n bedreiging vir voedselvoorraad─── ELSABÉ RICHARD 14:21 Mon, 23 Jan 2023
Voedseltekorte kan 'n werklikheid word as beurtkrag voortduur.
Agri Noord-Kaap president, Nicol Jansen, sê hoër voedselpryse is ook 'n sterk moontlikheid. Hy verwag ‘n toename in vraag en aanbod. Jansen sê syfers ten opsigte van skade wat besproeiingsprodusente ly is onstellend.
Die Noord-Kaapse Landbou LUR besoek vandag plase waar werkers verlede week beswyk het weens uitermatige hitte. Woordvoerder, Zandisile Luphahla sê LUR Mase Manopole word vergesel van Minister van Arbeid. Hierdie besoeke volg ná die dood van sewe plaaswerkers op verskeie plase in die Kakamas-omgewing. Luphahla het vroeër aan OFM-nuus gesê die departement werk saam met die departemente van arbeid en gesondheid om vas te stel presies waaraan hulle dood is.
Swak ekonomiese omstandighede,armoede, werkloosheid lê steeds landelike gemeenskappe in Suid-Afrika lam. Landbousakekamer van Suid-Afrika hoofekonoom Wandile Sihlobo, sê die toerisme en die landbou kan van hierdie uitdagings versag. Daar is egter verskeie beperkings op dié bedrywe se groeipotensiaal. Hy sê misdaad op die platteland is ook 'n uitdaging.
EN
'n Groot strook bome wat noodsaaklik is vir die wêreldwye vervaardiging van gaskoeldrank help Soedanese boere by klimaatsverandering aanpas, maar in die dorre gebied is talle huiwerig om daarby betrokke te raak. Arabiese gom wat van akasiabome getap word, is 'n emulgeermiddel wat feitlik onontbeurlik is in wêreldwye vervaardiging. Dit word gebruik in alles van koeldrank tot kougom en farmaseutiese produkte.