On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Goeie verkoopspersentasie op laaste wolveiling van die seisoen

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 02 Dec 2022

Goeie verkoopspersentasie op laaste wolveiling van die seisoen  | News Article
FOTO: OVK/Facebook.

Byna 15 000 bale is op vandeesweek se wolveiling aangebied. Dit was die finale wolveiling voor die Kersreses.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 6,1% vir nie-RWS en 4,4% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R151,63/kg en R157,85/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 4 501 bale aangebied, waarvan 93,2% verkoop is.

LEES OOK: Kleinskaalse wolprodusente, werkers bedreig deur China-verbod

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R203,00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AFF van 15.8 mikron, uit die skeersel van die Diereproduksie Navorsingstrust, vanuit die Caledon-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is vir 11 Januarie 2023 geskeduleer.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.