On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Suid-Afrika neem leiding in globale bio-ekonomie by G20

───   08:06 Mon, 20 Jan 2025

Suid-Afrika neem leiding in globale bio-ekonomie by G20 | News Article
Landbouminister, John Steenhuisen, het tydens 'n G20-byeenkomsdeelgeneem aan ’n paneelbespreking in Berlyn. Foto: verskaf.

Suid-Afrika, as G20-voorsitter vir 2025, het die bio-ekonomie as ’n kernprioriteit vir ekonomiese groei, omgewingsbeskerming en maatskaplike gelykheid geïdentifiseer.

John Steenhuisen, minister van landbou, het tydens die 17de Globale Forum vir Voedsel en Landbou (GFFA) in Berlyn deelgeneem aan ’n paneelbespreking oor volhoubare bio-ekonomie in landbou.

Aangesien landbou Suid-Afrika se sektor met die hoogste ekonomiese impak is, is die land se bio-ekonomiestrategie toegespits op innovasies soos gewas- en veeverbetering, waterbestuur, biofertiliseerders en nuwe energiegewasse, lui ’n verklaring deur die departement. Hierdie inisiatiewe wil klimaatsverandering hanteer, voedselsekerheid verbeter en werkgeleenthede skep.


“Brasilië het tydens sy G20-leierskap in 2024 tien bio-ekonomiese beginsels ontwikkel wat maatskaplike gelykheid en volhoubaarheid beklemtoon. Suid-Afrika sal voortbou op hierdie beginsels om internasionale samewerking en nasionale vooruitgang in die bio-ekonomie te bevorder.”

Die globale bio-ekonomie se waarde word op $4 triljoen geraam, met ’n potensiaal om tot $30 triljoen teen 2050 te groei. Hierdie sektor bied unieke geleenthede vir Suid-Afrika om armoede te verlig, sy mededingendheid te versterk en ’n beter lewensgehalte vir alle burgers te verseker.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.