Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 28 Oct 2022

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend marginaal laer verhandel met 'n daling van 0,17%.
- Markte het hierdie week met marginale veranderinge verhandel aangesien daar tans geen nuwe fundamentele nuus is wat markbewegings beïnvloed nie. Amerikaanse etanolproduksie het hierdie week tot 1 033 000 vate/dag toegeneem. Dit volg 'n opwaartse neiging van vier weke.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel en klein bewegings gehad, vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R5/ton (+ 0,09%) geklim om teen R5 350/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R4/ton (- 0,08%) laer verhandel om teen R5 190/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R4/ton (+ 0,07%) geklim om teen R5 379/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R6/ton (- 0,11%) laer verhandel om teen R5 240/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 21 Oktober, is altesaam 52 703 ton mielies aan kommersiële silo's gelewer. Daarvan was 25 212 ton witmielies en 27 491 ton geelmielies. In vergelyking met die oesskatting vir die 2022/2023-bemarkingsjaar, is 92% van witmielies gelewer en 88% van geelmielies.
- Die Oesskattingskomitee het Woensdag die voorneme om te plant bekend gemaak. Witmielie hektare is afwaarts hersien na 1 502 000 hektaar (- 4,6%). Geelmielie-hektare sal na raming toeneem tot 1 089 000 hektaar (+ 3,9%).
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrak het Donderdagoggend marginaal laer verhandel met 'n daling van 0,03%.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R24/ton (+ 0,23%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 550/ton.
- Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R80/ton (+ 0,75%) hoër verhandel om teen R10 690/ton te sluit.
- Produsentelewerings vir die week geëindig 21 Oktober het 1 178 ton beloop. Die kumulatiewe totaal van sojaboonlewerings staan op 2 138 446 ton. Dit maak 97% uit van die huidige oesskatting van 2 201 000 ton. Die Oesskattingskomitee het gistermiddag die voorneme om te plant bekend gemaak. Sojaboon-hektare is aansienlik opwaarts aangepas tot 1 075 000 hektaar (+ 16,2%). Dit verskaf lomp sentiment op langer termyn aan die mark.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend marginaal laer verhandel met 'n styging van 0,69%.
- Argentinië het vooruitskattings vir die land se 2022/2023-koringproduksie met 8,7% verlaag. Dit volg namate wydverspreide voortslepende droogte die land teister. Geen nuwe nuus oor die Swartsee-uitvoerooreenkoms nie. Uitvoer is steeds aan die gang, maar Rusland maak versendings moeilik deur inspeksies en hawevertragings.
- Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in November 2022 het met R0/ton (- 0,00%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 274/ton.
- Die Desember 2022 koringkontrak het met R34/ton (- 0,46%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 320/ton.
- Produsentelewerings vir die week geëindig 21 Oktober het 29 322 ton beloop. Produsente is tans besig met die oesproses, en leweringstempo sal in die komende weke toeneem. Die oesproses plaas seisoenale afwaartse druk op plaaslike koringpryse.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.