On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-organisasie se verwagtinge vir mediumtermyn-begroting

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 26 Oct 2022

Landbou-organisasie se verwagtinge vir mediumtermyn-begroting | News Article
Minister van Finansies, Enoch Godongwana.

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lê vandag die mediumtermyn-begrotingsraamwerk ter tafel, en dr. Jack Armour, die kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL) sê hulle hoop dat verskeie kwessies soos paaie en Eskom aandag sal geniet.

Sien onderstaande PODCAST

Armour sê die organisasie is bewus dat die regering nie baie fondse beskikbaar het nie, maar wat hulle voor na sal kyk is die effektewe aanwending daarvan om werklik 'n verskil tot die landsburgers se lewens te kan maak.

Hy voeg by dat hulle verwag dat Gondongwana die herstrukturering van top staatsposte sal noem om geld beskikbaar te stel vir werkers op die grond, veral om:

  • Gemeenskapsdiens dokters poste te gee en hulle salarisse te betaal;
  • meer bevoedge onderwysers in diens te neem; en
  • padskraperoperateurs en aglemene werkers in diens te neem om paaie te skrap en onderhoud aan onder meer waterbane uit te voer.

Daarmee saam hoop VL ook dat Godongwana geld vir rampbestuur, dieregesondheid, siektebeheer beskikbaar sal maak, sowel as geld vir die uitbetaling van produsente wat deur bek-en-klouseer geaffekteer is.

LEES OOK: Departement koördineer padrehabilitasie

Logistieke bottelnekke

“Geld om ons logistieke bottelnekke oop te maak dat handel en buiteland se valuta-inkomste effektief kan vloei. 

“Ook vir paaie onderhoud en spooropgradering vir meer kostedoeltreffende vervoer in die logistieke ketting om meer mededingend met die buiteland te wees,” deel Armour verder.

Logistieke bottelnekke volg veral ná Transnet-vervoervakbonde en hul lede onlangs vir byna twee weke 'n staking onderneem het toe salarisonderhandelings met die staatsbeheerde maatskappy 'n dooiepunt bereik het.

Dawie Roodt, ‘n ekonoom by die Efficient-groep, het gewaarsku dat die staking die potensiaal gehad het om Suid-Afrika in 'n resessie te dompel, indien dit langer sou duur. Verskeie landboubedrywe het miljoene verloor weens dié staking.

LEES OOK: Transnet-staking kan land moontlik in 'n ressessie dompel

Suid-Afrika se regstelsel

VL verwag dat die minister geld sal beskikbaar stel om óók die bottelnekke in die regstelsel aan te spreek dat reg en geregtigheid vinniger kan geskied sodat kriminele vinniger toegesluit word, sake vinniger afgehandel word, en mense met hulle lewes kan aangaan in 'n veiliger omgewing.

Insetkostes 

“Miskien die verlaging of skraping van belasting op landbouprodukte om insetkostes te verlaag aangesien daar verwag word dat landbou moet werk verskaf.”

ALSO READ: Suspension of anti-dumping duties on chicken welcomed

Invoertariewe

Die organisasie verwag ook dat die minister hoër invoertariewe sal aankindig om storting van ingevoerde produkte te voorkom, wat druk op plaaslike landbouprodusente plaas.

Godongwana sal na verwagting die mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring om 14:00 by die Stadsaal in Kaapstad ter tafel lê.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.