Agriculture
Landbounuus-podcast: Departement koördineer padrehabilitasie─── ELSABÉ RICHARD 13:48 Tue, 25 Oct 2022
![Landbounuus-podcast: Departement koördineer padrehabilitasie Landbounuus-podcast: Departement koördineer padrehabilitasie | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/63509aab-8073-4255-a01f-82370b41e39b.jpg?crop=0,150,800,600)
Die nasionale Departement van Landbou koördineer verbintenisse tussen, onder meer, Landbou-organisasies en Agribesighede.
Dit, in 'n poging om 'n wetgewende voorsiening te skep vir nie-regeringsorganisasies om padrehabilitasiedienste in vennootskap met landelike munisipaliteite te lewer. OFM-nuus se Bambatha Giko berig dit is deur die departement bekend gemaak na aanleiding van 'n vraag deur die DA se Noko Masipa oor watter stappe hy gedoen het om die probleme met betrekking tot die instandhouding van padinfrastruktuur met ander ministers aan te spreek. Die departement sê verder hy koördineer 'n proses met die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake en die Landboubesigheidskamer om paaie te identifiseer wat binne hierdie kategorie val, en om 'n wetgewende raamwerk vir private boere in vennootskap met plaaslike munisipaliteite te skep om padherstel en instandhouding te onderneem.
Die verdagtes wat in Julie vanjaar deur die polisie in die Vrystaat in hegtenis geneem is vir die moord op sewe mense op die plaas Lismore buite Kestell, sal na verwagting môre in die Kestell-landdroshof verskyn. Die twee verdagtes, wat as Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe geïdentifiseer is, is in hegtenis geneem ná die ontdekking van die liggame van ses vroue en een jong man deur die plaaseienaar, Alheit Smith, op 15 Julie vanjaar. Motankisi en Selepe staan tereg op 12 aanklagte wat moord en roof met verswarende omstandighede insluit.
EN
Suid-Afrikaanse beesvleisprodusente sal nou geweldig baat vind by 'n ooreenkoms wat Suid-Afrika met Saoedi-Arabië gesluit het om beesvleis uit te voer na dié land. Louw van Reenen, die hoof uitvoerende beampte van die Beefmaster-groep, sê hulle verwag dat Saoedi-Arabië tot 1 000 ton beesvleis per jaar sal bestel. Hy sê hierdie ooreenkoms sal dan een van die grootste beesvleisuitvoermarkte ooit vir Suid-Afrika wees.
OFM-nuus