On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

#JagersfonteinDisaster: Produsent verloor tweelingooie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 13 Sep 2022

#JagersfonteinDisaster: Produsent verloor tweelingooie | News Article
Links: Neels Louw. Regs: Dennis Louw. FOTO: Verskaf.

Een van die produsente, wat in die Jagersfontein-distrik in die Vrystaat geleë is, het tussen 50 en 100 van sy tweelingooie verloor nadat 'n myndamwal gebars het.

Volgens die voorsitter van Jagersfontein Boerevereniging, Albertus van Schalkwyk, is hierdie produsent een van twee produsente wat direk deur die voorval geraak is. 

Sien onderstaande PODCAST

“Daar is twee produsente wat direk geraak is… Die eerste een se naam is Pieto Louw en die tweede een se naam is Dennis Louw. Tussen hulle het hulle omtrent ‘n 1 000 hektaar veld wat nou onder hierdie slik lê,” deel Van Schalkwyk.

ALSO READ: Millions made available to #JagersfonteinFlood victims

Hy vertel dat Dennis sowat 40 hanslammers het weens die ooie wat hy verloor het. Hy het ook omtrent 120 ooie wat op hierdie oomblik voer nodig het, en dat alhoewel Pieto meeste van sy beeste betyds kon skuif, sy veld onder slik lê.

Slik wat op die gras en landbougrond lê, is nie goed vir diere en plante nie. 

Die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit se woordvoerder, Solomzi Phama, het intussen aan OFM-nuus gesê opkomende produsente is ook erg geraak. Hy sê die munisipaliteit kan in hierdie stadium nie geaffekteerde inwoners bystaan nie weens finansiële uitdagings en dat hulle op belanghebbendes staat maak om te help. 

Kalkfonteindam se water is besoedel

“Toe daai hele slikdam bars [het dit] toe afgegaan tot binne in die Kalkfonteindam tussen Petrusburg en Fauresmith.

ALSO READ: #Jagersfontein victims talk about their traumatic experience

"So, al daai boere wat drinkwater vir hulle beeste, en wat uit daai kuile uit besproei het, kan nou nie meer daai water gebruik nie. Dis heeltemal besoedel.”

Jagersfontein het op Sondag 11 September 2022 hoofnuusopskrifte regoor Suid-Afrika gehaal toe inwoners video’s en foto’s van hoe sterk strome water vinnig deur die veld beweeg en diere en ander besittings wegspoel, op sosiale media gedeel het.

Verskeie liefdadigheidsorganisasies, wat in en buite sentraal Suid-Afrika geleë is, verleen intussen hulp aan inwoners.

ALSO READ: Alleged negligence led to collapse of #Jagersfontein dam - WATCH

Die Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ook van maatskaplike werkers na Jagersfontein gestuur om berading aan geaffekteerde inwoners te verskaf. Daarmee saam het die provinsiale premier, Sisi Ntombela, rampbestuurspanne ontplooi om te help met soek en reddingsoperasies.

Albertus se kontakbesonderhede: 072 435 9171

Jagersfontein Boerevereniging se bankbesonderhede:

Standard Bank

Spaarrekening

Tak: 051001

Rekeningnommer: 244182752

Vir meer organisasies se besonderhede: Help Jagersfontein

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.