On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

‘Boerdery daaglikse avontuur’ – Isabel Saunderson

───   18:00 Fri, 26 Aug 2022

‘Boerdery daaglikse avontuur’ – Isabel Saunderson | News Article
Charl en Isabel Saunderson (FOTO: Facebook)

Isabel Saunderson boer saam met die “liefde van haar lewe”, Charl Saunderson, op die plaas Nooitgedacht, in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap.

Charl is welbekend aan luisteraars van die OFM Agri Uur, waar hy weekliks motiverende insetsels met raad aan landbouers deel in Kom ons praat 'n bietjie boer.

Isabel vertel dat sy boerdery met “moedersmelk ingekry het”, want haar grootouers was boere en sy koester steeds herinneringe van help met plaastake as kind.

Op Nooitgedacht vorm die paartjie ‘n gedugte span. Isabel verduidelik dat benewens die belangrike rol wat sy speel om te help dat dinge met die besigheid klopdisselboom verloop, sy ook morele ondersteuning aan haar man moet bied.

“Ons bly in ‘n baie afgeleë deel van die land. My naaste buurvrou bly omtrent 20 kilometer van my; my naaste piepklein dorpie is sowat 60 kilometer van my. Ons twee het net mekaar… Daar’s nie ‘n skare wat skree nie, daar’s net ek sy vrou wat skree: ‘Go bokkie, go – ek glo in jou!’”

Luister na die potgooi om Isabel beter te leer ken.

LEES OOK: 'Never give up' - young cattle farmer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.