On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

#FMD: Kleinskaalse wolprodusente, werkers bedreig deur China-verbod

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 10 Aug 2022

#FMD: Kleinskaalse wolprodusente, werkers bedreig deur China-verbod | News Article

Die eerste wolveiling van die 2022/23-seisoen is om die draai en China se verbod op woluitvoer weens uitbrekings van bek-en-klouseer in dele van Suid-Afrika, is steeds in plek.

Die algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), Leon de Beer, sê optrede is nodig van die Suid-Afrikaanse regering aangesien die verbod verwoestende gevolge vir veral kleinskaalse wolprodusente en werkers inhou. 

Sien onderstaande PODCAST

Die eerste veiling van die 2022/23-wolseisoen is vir 17 Augustus geskeduleer.

Die NWKV en Agri SA het ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle kommer uitspreek oor China se verbod. Die twee organisasies bestempel die verbod as onregverdig en vrees dat dit die lewensbestaan van die bedryf se 35 000 werkers, sowel as 4 500 seisoenale skaapskeerders en wolhanteerders, bedreig.

Die organisasies verseker dat Suid-Afrikaanse wol veilig vir uitvoer is.

ALSO READ: #FMD: Wool industry in conversation with China following ban

“Dit is seker een van die grootste uitdagings wat die wolbedryf waarskynlik in sy geskiedenis moet deurstaan.

“Met die veiling op hande weet ons dat tot 80% van ons wol na China uitgevoer word. Alhoewel ons steeds markte in Europa, Egipte en Indië het, is dit werklik ‘n groot kommer want dit gaan die vraag na wol op die veiling drasties beïnvloed,” voeg De Beer by.

Hy sê wolpryse kan ook hierdeur geraak word.

ALSO READ: Wool industry heavily impacted by China’s ban on imports due to FMD

Die Suid-Afrikaanse wolbedryf het reeds nagenoeg R734 miljoen verloor sedert die verbod in April aangekondig is, tot en met die laaste wolveiling in Junie.

“Die gesprekke wat reeds gevoer is, het dit met China se owerhede bevestig dat die protokolle wat ons in 2019 met hulle onderhandel het, steeds in plek is. 

"Die protokolle behels dat wol teen ‘n sekere minimum temperatuur vir ‘n sekere periode ná skeer gestoor moet word… Die protokolle word voorgeskryf deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid,” deel De Beer verder.

Daarmee saam vertrou Agri SA en NWKV dat die Suid-Afrikaanse owerhede elke poging sal aanwend om hierdie kwessie dringend met die Chinese owerhede aan te spreek. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.