On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbouweerkundige bespreek kort- en langtermyn-weervooruitsigte vir Sentraal SA

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 10 Mar 2022

Landbouweerkundige bespreek kort- en langtermyn-weervooruitsigte vir Sentraal SA | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Lusernboere, wat nog moet stroop, kan uitsien na ‘n paar droeër dae wat hulle in staat sal stel om lusern te sny ná die afgelope paar dae se reën.

Dit is volgens Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, wat met OFM-nuus se Elsabé Richard gesels het oor kort- en langtermyn-weervoorspellings.

Sien onderstaande PODCAST

Op die kort termyn kan sentraal Suid-Afrikaners verwag dat nog reën sal voorkom oor veral die oostelike dele van die Noord-Kaap, sowel as dele van die Vrystaat. Die huidige stelsels is ook tans besig om op te klaar.

Van den Berg deel dat ‘n tropiese sikloon weer aan die ontwikkel is in die Mosambiek-kanaal. Hierdie sikloon sal na verwagting binne die volgende week of twee Suid-Afrikaanse weerstelsels benadeel. Dit beteken dat minder reën hier sal voorkom en droeër toestande tot gevolg sal hê.

Op die langer termyn behoort toestande einde Maart te verbeter en reën kan in die eerste week van April verwag word. Dit, soos die La Nina-stelsel nog heelwat reën in beide April en Mei sal bring.

Verder wat temperature in die winter betref, waarsku Van den Berg dat rypskade in Julie, Augustus en September kan voorkom.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.