On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wysiging van menseregte-handves ingrypend, sê Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:08 Fri, 16 Nov 2018

Landbounuus-podcast: Wysiging van menseregte-handves ingrypend, sê Agri SA | News Article

Dit is 'n 'ingrypende stap' om die Handves van Menseregte te wysig, want die reg op vergoeding is fundamenteel en word internasionaal erken.


Pogings om dit te wysig moet ernstig opgeneem word. Dit is volgens Agri SA se beleidshoof vir grond, Annelize Crosby, ná die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee se aanbeveling dat Artikel 25 van die Grondwet gewysig word om vir grondonteiening sonder vergoeding voorsiening te maak. Crosby sê konsultasieprosesse rondom dít moet noukeurig bestuur word. Daarom word die proses wat deur die komitee gevolg is in aanloop daartoe, nou bevraagteken, veral met betrekking tot die openbare deelnameproses waar meer as 700 000 skriftelike voorleggings ingedien is.


Volgens haar win Agri SA deurentyd regsadvies in en raadpleeg nou sy regspan oor moontlike litigasie. Sy meen daar is egter tyd daarvoor en die komitee se aanbeveling is slegs die eerste stap in 'n lang proses. Sy vra gemeenskappe om nie paniekerig te raak enom nie ondeurdagte besluite te neem nie.


Daarmee saam ondersoek die vakbond Solidariteit ook die moontlikheid om regstappe te doen om die grondwetlike hersieningskomitee se aanbeveling te beveg dat Artikel 25 van die Grondwet gewysig word. Die regering kan dan eiendom sonder vergoeding onteien. Dit kom nadat die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) reeds vroeër vandeesweek aangedui het hy gaan dié komitee se proses wat gevolg is in die hof uitdaag. Volgens die IRV het hy reeds aan sy regspan opdrag gegee om die komitee se werk te hersien. Die IRV meen dié komitee het nie die openbare insette deeglik oorweeg nie, nadat meer as 720 000 geskrewe voorleggings ingedien is, waarvan 80% teen grondonteiening sonder vergoeding gekant was.  

EN  

Intussen sê die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU, dié grondwetlike hersienIngskomitee se aanbeveling vir die Grondwetwysiging sodat grondonteiEning sonder vergoeding kan plaasvind was geen verassing nie. TLU se president, Louis Meintjies, meen dit was aanvanklik deel van die ANC se beleid en 'n Grondwetwysiging gaan plaasvind.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.