National
SA Toerisme: Kom steeds na Kaapstad─── 10:33 Sat, 10 Feb 2018
Kaapstad - Die organisasie - Suid-Afrikaanse Toerisme - het 'n beroep op toeriste gedoen om nie hul beoogde besoeke aan Kaapstad af te stel weens die waterkrisis in die stad nie.
Die organisasie het aan die SAUK gesê die sogenaamde waterkrisis kom nie slegs in die Wes-Kaap voor nie, maar is 'n wêreldwye verskynsel.
Dit volg nadat 'n aantal toeriste hul voorgenome reise na Kaapstad afgestel het.
Die organisasie sê hulle is nog besig om die finansiële gevolge weens die watertekort te bepaal, maar bedryfshoof Sisa Ntshona sê toeriste kan die stad met 'n geruste hart besoek, hoewel hulle bewus moet wees van die waterbeperkings.
Verskeie lugrederye het ook onlangs aangedui dat hulle passasiers sal toelaat om vyf-liter waterbottels saam met hulle as handbagasie op vlugte na Kaapstad te neem.