On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

National

DBV waarsku diere-eienaars oor vuurwerke

───   MARK STEENBOK 08:36 Sun, 31 Dec 2017

DBV waarsku diere-eienaars oor vuurwerke | News Article

Bloemfontein - Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n streng waarskuwing aan diere-eienaars gerig oor die negatiewe uitwerking wat vuurwerke op veral huishoudelike en wilde diere het.


‘n Senior Inspekteur by die DBV in Bloemfontein, Reinet Meyer, sê wanneer vuurwerke afgevuur word, raak diere angsbevange en kan hulle van skok doodgaan. 


Sy vra dat lede van die publiek dink voordat hulle vuurwerke afskiet en die nodige maatreëls in plek stel om die diere daarteen te beskerm.

 

Die polisie waarsku dat lede van die publiek strafregtelik vervolg kan word indien hulle vuurwerke op ‘n ontwettige wyse gebruik en verkoop.

 

Die Dierebeskermingsvereniging het die volgende maatreëls uitgereik wanneer vuurwerke geskiet word:

 

Maak seker dat jou troeteldier 'n naambandjie dra, omdat diere geneig is om weg te hardloop wanneer hulle skrik.

 

Gaan na jou veearts ek kry vir die dier/e ‘n kalmeerpilletjie.

 

Indien moontlik, bly tuis. As jy nie tuis kan wees tydens 'n vuurwerkvertoning nie, sit jou diere in 'n veilige, toe vertrek.

 

Maak die gordyne toe en sit jou radio aan wanneer vuurwerke afgevuur word.

 

Omring jou troeteldier met bekende items, soos speelgoed en kussings.

 

Gee vir jou troeteldier 'n gesonde ete om hom/haar lomerig te maak.

 

Vra jou veearts vir raad.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.